|
Tuisblad Werfnavigasie |
Kerklike Tydskrifte |
1. Die Kerkblad 24 Oktober 2001
2. Vroueblad Oktober 2001
Lees gerus die aangrypende artikels in hierdie uitgawe oor die tydelikheid van ons bestaan: Lees oor die regte tyd wat God vir alles bepaal het, en hoe Hy ons bring by begrip daarvan Om te wag op die regte tyd ... Ook oor die Routyd van die Tswana-weduwee, van Pendeltyd wat besinningstyd en voorbereidingstyd word, en van wagtyd, wat berustingstyd word. So het Elke ding sy vaste tyd, tyd waarin ons kan Aanhou bid, Afvlerkvoëltjies kan kosgee en God se sierade versorg.
Besin weer eens of jy nie maar vir die eerste keer of dalk weer moet inteken op Die Gereformeerde Vroueblad nie? (Let wel, dit is die HEEL EERSTE AFRIKAANSE VROUETYDSKRIF in Suid-Afrika en sy is al 57 jaar oud!) Vertel vir jou mede-lidmate in die gemeente, teken in vir 'n vriendin, gee dit vir jou man en kinders om te lees, word 'n Bladbouer en dra finansieel by tot ons groei en voortbestaan, of bid vir ons, en word deel van ons, deur foto's in te stuur, nuuswaardighede, briewe en artikels te skryf, sodat ons kan groei en steeds groter eer aan God opdra, wat ons met soveel wonderlike gawes geseën het.
Marina van Loggerenberg (Redakteur)