Tuisblad
Werfnavigasie

Navraag per e-pos
Willow Creek Association

GEREFORMEERDE KERK: BOKSBURG-SUID

KURSUS: ONTDEK U GAWES


 

NETWERK

Die regte persone...in die regte plekke...vir die regte redes.

 

Ontdek jou unieke genadegawes en dienaarsprofiel binne die kerk!!

 

Hierdie kursus, in samewerking met die Willow Creek Association®, word deur Bertie Roux en Ben Heystek aangebied.

 

Die kursus is `n moet vir elke Christen wat duidelikheid wil verkry oor sy genadegawes. God Drie-Enig het ons elkeen met ons eie unieke gawes geskep en hierdie kursus neem jou op `n ontdekkingstog na jou genadegawes. Jy word gehelp om jou eie unieke plek binne die liggaam van Christus te identifiseer.

 

Die kursus word gratis aangebied aangesien dit vir die kursusleiers `n voorreg is om God op hierdie manier te dien. Die aanbieders vra wel net `n donasie vir brandstof en daar word van elke kursusganger verwag om `n kursushandleiding (ongeveer R35.00) aan te koop. Normaalweg strek die kursus oor twee volle dae, maar daar kan met die kursusleiers onderhandel word om die kursus bv. in die aande (Agt aandsessies) aan te bied.

 

Vir meer inligting en kursusreëlings, kontak:

Bertie Roux by Tel. (011) 913-1176 (na-ure) of

Ben Heystek by Tel. (011) 913-2924 (na-ure), Sel 082-344-7122 of by bheystek@lantic.net

 


Die Willow Creek Association® is in 1992 gestig en is `n internasionale netwerk van kerke wat buite-kerklike mense terug na die kerk toe wil lei. Willow Creek Association® bedien kerke wêreldwyd deur middel van konferensies, seminare, werkswinkels, konsultasie en bedieningsmateriaal. Die missie van die Assosiasie is om kerke by te staan op hul pad om buite-kerklikes terug na die liggaam van Christus te lei.

Tuisblad