Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Twerlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die wreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die wreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder gemeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

Persrubriek

EKONOMIE: WETENSKAP VAN RENTMEESTERSKAP

- PROF DR PIETER VAN DER DUSSEN - ACVHO -

Wat is ekonomie?

Dit is ‘n vraag waaroor mens lank kan dink en praat. En waaroor elke mens die een of ander tyd praat. Want hoe ons die begrip ekonomie ookal omskryf - of probeer omskryf - weet ons en voel ons dat dit iets is waarom elke mens se daaglikse aardse bestaan draai. Van Genesis 1 af gaan dit immers wat die daaglikse lewe betref om die ete en drinke van die mens. Na die sondeval kom die aantrek en skuiling by en word die mens se lewe een worsteling teen die dorings en distels wat die aarde, vervloek vanwe die sonde van die mens, voort-bring en waarteen die mens met moeite moet stry van dag tot dag, van seisoen tot seisoen, van jaar tot jaar..... Werklike, tasbare dorings en distels, ja - maar ook geestelike en ander nie-tasbare dorings en distels waarvan die mens se sondige natuur n die sondeval die belangrikste is.

Wat het met die sondeval gebeur? Die vrou het haar hand uitgesteek na dit waarop sy geen reg gehad het nie. Sy het begeer wat haar nie beskore was nie. Sy het die (later afgekondigde) Tiende Gebod oortree, en daardeur die ganse Wet. En die mens - hy het genm toe sy hom van die verbode vrug gee en ook geet en so deel van hierdie oortreding geword. Daardie hebsug, daardie begeerte, het deel van die mens se natuur geword en is dit vandag nog. Hoor maar as die mens na sy natuur praat: Ekonomie is die studie van die wyse waarop die mens sy onbeperkte behoeftes so goed moontlik kan bevredig met die skaars middele waaroor hy beskik. Hoor ons die stem van Eva, van Adam? Ja, maar eintlik die stem van die slang. Kyk hoe swaar kry julle. Die God wat julle Vader noem het vir julle nie genoeg gegee nie. En toe julle meer wil h, maak Hy dit nog moeiliker vir julle om met die bietjie wat Hy gegee het, darem ‘n menswaardige lewe te lei. Julle is tog geregtig op ‘n goeie lewe en om aan al julle verlangens en behoeftes te kan voldoen. Maar God doen julle tekort deur aan julle te min te gee om alles te h wat julle harte begeer en waarop julle reg het. Julle is mos darem soos God. Julle is self god soos ek, die Satan, aan Eva belowe het.

In die verband van hierdie artikel is veral twee sake van belang wat hierbo genoem word: Dat die mens onbeperkte behoeftes het, en dat daar ‘n skaarste aan middele is om dit te bevredig. Wat die eerste saak betref, leer die Woord van God ons om vergenoeg te wees as ons voedsel en klere het. Trouens, in I Timotheus 6 vermaan en waarsku Paulus teen die verleiding van verknogtheid aan materile goedere. Ook in Mattheus 6.en talle ander Skrifgedeeltes vind ons hierdie vermaning. Die daaglikse manna in die woestyn dien as sigbare lering: Wie meer as sy daaglikse deel - ‘n gomer per persoon - ingesamel het, het gevind dat dit tog maar net genoeg was, en wie wou laat oorbly, het ervaar dat daar wurms in kom (Ex 16). Nee, die mens mag nie onbeperkte behoeftes h nie, behalwe ‘n onbeperkte begeerte na die genadegawes wat van God kom. Soberheid is sekerlik een van die sigbare kenmerke van wedergeboorte en bekering. Dit beteken nie dat rykdom sonde is nie. Inteendeel is rykdom vir die gelowige oorvloedige sen wat hy met dankbaarheid uit die hand van die HERE ontvang en ook weer tot diens van God aanwend. Hoe mooi is dit om iemand te hoor s: Die HERE sen my met ‘n goeie inkomste, seker omdat Hy wil dat ek dit in sy diens moet aanwend - en dan die hand diep in die sak steek om te gee. Dit is net so mooi as die stuiwers van die weduwee.

Dit bring ons dadelik by die tweede saak, naamlik die sogenaamde skaarste aan hulpbronne. Daaroor moet dadelik ges word: Dit is ‘n gruwelike sonde om so te praat, want dit beteken dat God se Voorsienigheid as onvoldoende bestempel word. Nee, God het ruimskoots voldoende gegee, soos ons in die eerste hoofstukke van Genesis lees: ‘n Lushof, ‘n skepping wat baie goed was. Maar die mens het dit met sy sonde bederf en self die dorings en distels van die vloek op hom gehaal omdat hy nie vergenoeg was met wat God hom gegee het nie.

Produksiemiddele is op sigself dooie goed. Eers wanneer die mens dit met sy insig en vaardigheid benut en aanwend, verkry dit waarde. Dit was voor die sondeval so (Gen 2 :5) en geld tot vandag toe - daarvan is die mens se vindingrykheid en vermo een deurlopende aanskouingsles (Ps 8). Die tegnologie wat die mens ontwikkel - kennis, kundigheid en vaardigheid - bepaal die produksiewaarde van die middele, nie die middele self nie. Dit is waaroor die mens se rentmeesterskap gaan: Nie hoeveel middele daar is nie, maar hoe die mens dit wat daar is, benut.

Die Boesman bre tsammas wat hy nie dadelik eet nie, saam met volstruiseierdoppe water. En die doeltreffende boer gebruik die beste kennis, kundigheid en vaardigheid om sy grond soveel moontlik te laat oplewer. Maar as die mens die hulpmiddele tot sy beskikking nie benut nie, ly hy honger. Hy verlaag hom dan tot die vlak van dierlike bestaan: Eet tot alles op is en sterf dan.

‘n Christelike definisie

Hoe moet ons as Skrifgebonde gelowiges die saak benader? Wesenlik word die mens se ekonomiese optrede tot Gen 1:26-28 teruggevoer, waar die mens tot koningskap geroep en aangestel word. Maar let op: In Gen 1:29 g God aan die mens (en aan die diere) voedsel sonder dat die mens daarvoor hoef te werk. Sy opdrag tot arbeid was dus nie daarop gerig dat hy kon eet nie, maar dat hy die aarde moes bewerk sodat daar groei kan wees (Gen 2:5) - sy roeping tot priesterskap - en bewaak (Gen 2:15) - sy koningsroeping - sodat dit steeds die eer van God sal weerspiel - sy profetiese roeping. Hy het ‘n drieledige taak om te vervul. Dit lei tot die kerngedagte dat die mens tot arbeid verordineer is om die verantwoordelikheid van en vir die geskape dinge en wat daarop en daarin is, op hom te neem. Hy word rentmeester wat aan God verantwoording moet doen oor die uitvoering van sy roeping.

Omdat hy na die beeld van God in volkome kennis, geregtigheid en heiligheid geskape is (Heidelbergse Kategismus Vraag 6) was die mens voor die sondeval in staat om sy roeping ten volle na te kom en het God die mens se beslissing aanvaar (Gen 2:19). Met die sondeval het die mens se volmaaktheid in die slag gebly, maar sy geroepenheid tot rentemeesterskap het gebly. Alleen sou hy dit voortaan moet doen saam met sy stryd teen die dorings en distels teneinde te kan eet. Maar daarin het die offerande van die Here Jesus Christus ook verandering gebring. In Hom is immers die Koninkryk van God en sy geregtigheid vervul, en word die gevolge van die vloek van Gen 3:17 vir die gelowige as’t ware weggeneem en hoef die mens hom nie meer te kwel oor wat hy sal eet of wat hy sal drink of wat hy sal aantrek nie solank hy die Koninkryk van God en sy geregtigheid soek (Matt 6). Die mens wat in en deur Christus verlos is, dra nie meer die harde en swaar juk van die sonde nie, maar die sagte en ligte juk van die Here Jesus. Daarom kan die verloste mens sy kragte opnuut aanwend om sy taak van rentmeester oor die skepping na te streef en te vervul.

Deurgaans gaan dit oor die mens se hantering van die geskape dinge en besonderlik die benutting daarvan, of noukeuriger gestel: die nuttige aanwending daarvan. Dit kan en mag nie los van die mens se oorspronklike roeping tot koningskap, priesterskap en profeetskap gesien word nie. Terselfdertyd geld ook dat die mens slegs met moeite sal eet (Gen 3:17) en dat hy die reg tot eet verbeur as hy nie wil werk nie (II Thess 3:10). Die mens is steeds rentmeester soos voor die sondeval, met verantwoording aan God. Sy doel is nie om sogenaamde maksimale bevrediging van onbeperkte behoeftes te verkry nie, maar om die middele tot sy beskikking ten beste te benut in die uitvoering van sy rentmeesterskap. Nie wat daar uitkom nie, maar wat daar ingaan in die vorm van kennis, kundigheid en vaardigheid is belangrik. So kom ‘n eie definisie van ekonomie na vore, naamlik dat dit ‘n vakgebied is wat bestudeer hoe die mens die middele tot sy beskikking aanwend in die uitvoering van sy rentmeestersroeping, tot eer van God en tot die beswil van die mens wat die vrugte van sy arbeid mag eet. Die gelowige ekonoom kyk nie eerste na verbruik nie, maar na produksie.

Ekonomie ‘n samehang van wetmatighede

Laat ons die voorgaande nou formeler benader. Die woord ekonomie is ‘n samestelling van die twee Griekse woorde oikos (huis) en nomos (wet). Rofweg beteken ekonomie dus huiswet of huishoudingswet. Hierdie begrip bestaan vandag nog in die Nederlandse en Afrikaanse vaktaal in die begrip volkshuishouding voort. Dit druk as’t ware uit dat ekonomie ‘n bestudering is van die wyse waarop ‘n volk in sy land met sy bates huishou.

Wat beteken wet in hierdie samehang? Gewoon dat daar volgens norme en wetmatighede, dus ordelik, volgens ‘n bepaalde orde, opgetree word. Spreuke 31 leer dat die deugsame huisvrou goeie norme, goeie wetmatighede toepas en dus goed-ordelik optree. Sy gaan versigtig met haar gesin se middele om. Sy hou so huis dat daar altyd vir almal kos en klere is; sy werk spaarsaam sodat daar iets oorbly om weg te sit en waarmee sy kan woeker; sy sorg dat haar man sy daaglikse werk kan doen en terselfdertyd rel sy sake so dat hy saam met die ander manne hom met die bestuur van die stad kan besig hou.

So dra sy op meer as een wyse daartoe by dat daar goeie orde heers. Nie net kan die man sy roeping om te regeer goed uitvoer danksy haar deeglike huishouding nie; deur haar gesin goed te versorg en haar huishouding met versigtigheid te doen, sorg sy dat die lede van die volk, die burgers van die stad, van kleins af leer om die goeie orde hoog te skat omdat daaruit sen en voorspoed kom.

Mikro- en makro-ekonomie:

Enkeling en gemeenskap

Let daarop dat die huisvrou van Spreuke 31 as enkelpersoon optree. In die vaktaal is sy ‘n mikro-eenheid. Sy sorg besonderlik en uitdruklik vir hr gesin en hr man en hou hr huis goed en ordelik. As sy in hierdie sin die enigste "goeie" huisvrou in haar stad is, sal dit met hr gesin en man goed gaan, maar met almal saam beslis nie. As al die ander huise en gesinne swak bestuur word; as geen ander huisvrou geld opsy sit en daarmee woeker nie; as al die ander mans se vrouens nie toesien dat hulle goed versorg is sodat hulle aan die bestuur van die stad kan meedoen nie; as al die ander huisvrouens nie vir hulle gesinne sorg nie - dan heers daar noodwendig wanorde in die stad en sal dit net met die n ordelike huis uiteindelik goed gaan. Maar as l die huisvrouens in die stad deugsaam is, sal dit noodwendig met die stad goed gaan en sal Psalm 133 op daardie stad van toepassing wees.

Dus: As l die mikro-eenhede of gesinne in die stad goed bestuur word in die sin van Spreuke 31, sal dit met die stad as geheel, met die hele volk van daardie stad, goed gaan. Anders gestel: Omdat al die mikro-eenhede volgens gesonde norme en wetmatighede ordelik optree, vertoon die stad (eintlik die samelewing of al-die-mense-wat-saam-leef-in-daardie-stad) ordelik. Maar as die mikro-eenhede of gesinne oorwegend volgens verkeerde norme en wetmatighede of sonder enige norme en wetmatighede bestuuur word, verval die stad of samelewing in wanorde. Met ander woorde, die toestand van die stad - die makro-eenheid - is die resultant van die toestand in al die gesinne - die mikro-eenhede.

Let op die gebruik van die woord resultant en nie resultaat nie. Resultant dui op die totale uitkoms van ‘n groot aantal en wye verskeidenheid optredes, terwyl resultaat eerder op die som van ‘n aantal kleiner resultate dui. Hiervolgens kan resultaat as die meetbare resultant gesien word. Die deugsame vrou van Spreuke 31 koop met haar spaargeld ‘n stuk grond. Ewe deugsaam kan die aankoop van ‘n kunswerk of ‘n Turkse mat wees, of die grawe van ‘n nuwe put of die aankoop van twee koeie met kalwers: In elke geval vermeerder die bates van die huishouding. Die resultant is dat die stad, die samelewing, welvarender word; die resultaat is dat die grondbesit van die stad vergroot, die kunsbesittings vermeerder, die veekuddes uitbrei.

‘n Ander voorbeeld: Twee mielieboere produseer elk 200 ton mielies en die resultaat van hulle werk is dus 400 ton mielies. Die een boer werk volgens wetenskaplike metodes en produseer 200 ton op 50ha grond. Sy buurman werk op die tradisionele manier en produseer 200 ton op 100ha grond. Die resultant van hulle optrede is gemengd, naamlik ‘n onderbenutting van die grond as gevolg van die toepassing van verskillende produksiemetodes. As die buurman ook wetenskaplike metodes toegepas het, kon hy 400 ton mielies op sy 100ha geproduseer het, wat die resultaat van hulle gesamentlike werk tot 600 ton sou verhoog het. Hierdie verskynsel word die sametellingsprobleem of aggregasieprobleem in die ekonomie genoem.

Elke mens bly self verantwoordelik

Waar dit nou duidelik is dat die uitkoms, die resultant, die toestand van die makro-samelewing vanuit en deur die optrede van al sy samestellende mikro-eenhede bepaal word, kom die saak van verantwoordelikheid na vore. In die Bybelse sin is die mens se verantwoordelikheid in die kultuuropdrag van Gen 1:28 en verwante tekste opgesluit. Dit kan soos volg saamgevat word: God het die mens baie goed en na Sy beeld geskape. Aan die mens het God die opdrag gegee om die aarde te bewerk en te bewaak (wat bewaar insluit). Die mens het nie nodig gehad om te werk sodat hy kon eet nie, want die vrugte van die bome in die Tuin is as voedsel aan hom gegee. Behalwe die boom in die middel van die Tuin, die boom van die kennis van goed en kwaad. Alles was ordelik en rustig - totdat die mens sy hand na die verbode boom uitgesteek en die ordelikheid totaal omvergegooi het. Daarna moes hy werk om te kan eet en mag hy nie eet as hy nie wil werk nie. Let op: Die mens se werkopdrag, sy kultuuropdrag, is nie opgehef nie, en hoewel hy voortaan ms werk om te kan eet, het sy verantwoordelikheid om die aarde te bewerk en te bewaak nie verdwyn nie. Inteendeel het sy voorheen maklike taak as gevolg van sy sonde nou soveel swaarder geword omdat hy nou teen die vervloeking wat om sy ontwil op die aarde gekom het, moet worstel b sy roeping volgens die kultuuropdrag.

In die lig van wat tevore ges is, en ooreenkomstig die Woord van God, is en bly roeping en geroepenheid in die eerste plek ‘n saak van elke mens. Immers, geen mens kan sy eie verantwoordelikheid voor God ontkom nie. Tog is elke mens eweneens volgens die Woord van God nie maar ‘n enkeling sonder enige bande nie. Reeds in die Paradys s God: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie en maak vir Adam ‘n vrou. En na die sondeval kry ons God se vraag aan Kan: Waar is jou broer Abel? en Kan se weerbarstige antwoord: Is ek my broer se oppasser? wat daartoe lei dat hy tot die eensaamheid van die woestyn verban word. Daarvandaan leer die Woord en die heilsgeskiedenis deurlopend dat, terwyl elke mens slf vir sy werke verantwoording moet doen, hy deel van ‘n gemeenskap is wat hom as’t ware moet ondersteun om te doen wat reg is en die kwade af te l. Daarvan is die Christelike gemeenskap van die heiliges en die daar-uit voortspruitende onderlinge tug of toesig sekerlik die sterkste getuienis.

Hierdie artikel verskyn ook in ESRA VERSLAG se uitgawe van April-Julie 2001 en is met hulle toestemming en die medewerking van prof Van der Dussen beskikbaar gestel. Besluit volg in die volgende uitgawe van ons blad (Red)