Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TweŽrlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die wÍreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die wÍreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder geŽmeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

Persrubriek

NOGMAALS DIE PASSIESPEL IN OBERAMMERGAU

In die vorige uitgawe van ons blad is die bywoning van en die instemmende verslaglewering van dr CJ (Neels) Smit van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Noordbrug, oor die Passiespele te Oberammergau in DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD, van April 2001, gekritiseer en prinsipieel verwerp. Daarna het Ds Ronald Bain van die Gereformeerde Kerk Senekal en kombinasie, in 'n artikel in DIE KERKBLAD, 4 Julie 2001, gepubliseer wat die saak in skriftuurlike konteks stel en gemotiveerd betwis. Aangesien nie al ons intekenaar/lesers dit andersins onder oŽ kry nie, publiseer ons dit graag teenoor die omstrede artikel van dr Smit waar die aandag op gevestig is.

 

Van die Passiespele in Oberammergau verlede jaar sÍ baie dat dit aangrypend en amper meesleurend was

- n geestelike belewenis sonder gelyke. En hier in ons eie land, in ons dorpe en gemeenskappe, het ons die afgelope tyd talle weergawes van die Passiespele gehad en dikwels dieselfde reaksie gehoor.

Die opregtheid en liefde waarmee hierdie opvoerings gebring is, wil ons onder geen omstandighede in twyfel trek nie. Maar tog is daar sommiges wat verward voel deur hierdie opvoerings. Hulle vra: Waarom is dit nodig om die evangelie op te voer? En strook dit met ons belydenis?

Om hierdie verskynsel te beoordeel, moet ons by die begin begin. Die Roomse Kerk het al in die agtste eeu die uitbeelding van Christus toegelaat in die vorm van beelde en skilderye as die boeke van die leke (nie-geestelikes, onkundiges).

Hierdie boeke van die leke het gedien tot verheldering van die evangelie, omdat die mense so ongeletterd en onkundig was.

Die eerste bewyse van lewende vertolkings van die evangelie vind ons al in die elfde eeu in Europa in die vorm van die misteriespele.

'n Verdere ontwikkeling is die geestelike dramas wat veral vanaf die vyftiende eeu as 'n paasspel konsentreer op die lewe en lyding van Christus. Hierdie opvoerings was ook lekespele genoem.Met die koms van die reformasie is hierdie boeke van die leke, die beelde, skilderye en simbole van Christus, Maria en die heiliges, verwyder en vernietig. Meeste van hierdie paasspele of lekespele wat algemeen bekend was, is later ook verban deur owerhede wat Protestants gesind was, juis omdat Christus uitgebeeld is.

Ons noem slegs kortliks enkele redes waarom ons die belydenis van die reformatore oor hierdie aangeleentheid deel.

Die uitbeelding van Christus is die oortreding van die tweede gebod.

As Christus dan gesien kon word, is Hy steeds te heilig om uit beeld? God eis in die tweede gebod dat ons nie 'n beeld van Hom mag maak nie. Waarom nie? Want God is te heilig om uit te beeld. Van Christus bely ons dat Hy waarlik God is en een in wese met die Vader is. Dink maar aan die Niceaanse geloofsbelydenis: Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit God, gebore, nie gemaak nie, Een in wese met die Vader deur Wie alles tot stand gekom het (sien ook Joh 1: 1, 10 :30; Rom 9: 5). Die lewende Christus is te heilig om uit te beeld.

Christus is die beeld van God

Maar kan ons nie iets van Christus se liefde uitbeeld met 'n opvoering nie? Ons lees in Kolossense 1: 15 dat Christus die beeld van die onsienlike God is en verder in 2: 9 in Hom liggaamlik al die volheid van God woon. Hy is die openbaarder van die Vader, die Een wat God kom bekend-maak het (Joh 1: 18). Net Hy kon die liefde van God volmaak vertoon, al Een wat waardig geag is om die Beeld van God te wees. Geen mens mag hierdie posisie van Christus beklee of uitbeeld behalwe Christus self nie

Christus se Goddelike en menslike natuur is onskeibaar

Christus was tog mens gewees, waarom mag ons sy menslikheid nie uitbeeld nie? Want Hy is tegelykertyd God en mens. Sy twee nature is onskeibaar. Ons kan eerstens sy Goddelike natuur nie uitbeeld nie, maar ons kan sy menslike natuur ook nie uitbeeld nie, want ons weet te min daarvan. Selfs die uitbeelding van sy menslik natuur sou onakkuraat wees. Bo en behalwe dat nie een van sy twee nature uitgebeeld kan word nie, is hulle verder ook onskeibaar. Geen sondaar kan dus Christus as sondelose mens en Seun van God reg uitbeeld nie.

Die evangelie is die afbeelding van Christus se werk.

Is die opvoering van die evangelie dan nie 'n kragtige manier om mense te bereik nie, veral in 'n tyd waar-in die media so 'n groot invloed het? Paulus skryf aan die GalasiŽrs in hoofstuk 3: 1 dat Jesus voor hulle oŽ afgeskilder is as gekruisigde. Hierdie afgeskilder sou as duidelik beskryf, of selfs as uitgebeeld vertaal kon word. En hoe is Christus afgeskilder? Vers 2: - deur die prediking, meer letterlik, deur die gehoor van die geloof. Dit het God behaag om deur die dwaasheid van die prediking diť wat glo te red (1 Kor 1: 21) en die geloof is deur die gehoor en die gehoor is deur die Woord van God (Rom 10: 17).

Christus se lyding is onopvoerbaar

Maar maak ons die lyding van Christus nie meer verstaanbaar vir die mense nie? Enige uitbeelding van Chris-tus se lyding op aarde en veral sy Godverlatenheid sou nie net onakkuraat wees nie, maar onvanpas, dink maar onder andere aan sy naaktheid aan die kruis. Talle ritu-ele in die Ou Testament het sigbaar vooruitgewys na Christus, maar met sy koms het dit alles geŽindig behalwe vir die sakramente. Die brief aan die HebreŽrs maak dit so duidelik dat Christus een maal verskyn het en net een maal gely het; ons kan daardie gebeure nooit weer op 'n sigbare wyse eers probeer herhaal of uitbeeld nie. (Heb 7: 27, 9: 12, 28). So 'n uitbeelding sou sy lyding eerder kon vertroebel as verhelder.

Gelowiges moet die beeld van God vertoon

Maar hoe maak ek dan die evangelie sigbaar en duidelik aan ander? Romeine 8: 29 sÍ dat God ons bestem het om gelykvormig te word aan die beeld van sy Seun. En nou reeds vind dit plaas onder die vernuwende werking van Gees en Woord. Die mens is soos 'n spieŽl wat die reflekteerder moet wees van God se wil. EsegiŽl 36: 23 sÍ: ''as Ek My in julle voor hulle oŽ as die Heilige laat ken.'' Ons, in wie Christus die beeld van God herstel, moet die beeld van God vertoon deur ons daaglikse lewe, orals, elke sekonde van elke dag.

Sou ons dus die afbeeldings van Christus goedkeur, maak ons nie net die reformasie ongedaan nie, maar ontkrag ons ook die Bybel. Dan is ons terug by die Roomse Kerk se boeke van die leke. Dan wil ons slimmer as God wees, sÍ die Heidelbergse Kategismus, en dan moet die Woord lewend gemaak word deur 'n afbeelding/uitbeelding terwyl die Woord self lewend is (Heb 4: 12; HK, Sondag 35, Vr/Antw 98).

As gereformeerdes die uitbeelding van Christus sou goedkeur, dan het die uitroep van die reformasie, Sola Scrip-tura (die Woord alleen), in die vergetelheid weggesterf.

Daarom bely ons op voetspoor van die Woord dat Hy deur geen beeld, geen skildery, geen rolprent, geen opvoering, geen mens, geen roman uitgebeeld kan of mag word nie.

2 KorinthiŽrs 5: 16 sÍ (vry vertaal): Al sou ons vir Christus as mens geken het, ken ons Hom nie meer so nie. Ons ken Christus op grond van die evangelie deur die werk van die Gees. Maar ons ken Hom nou, ons ken Hom as die verheerlikte aan die regterhand van God. Daarom hoort daar by ons 'n ware ontsag en eerbied vir Jesus Christus as die lewende Koning en Heerser oor alle dinge te wees.

Die Passiespele in Oberammergau en die weergawes daarvan in ons land laat nie reg geskied aan Wie Christus is, wat Hy gedoen het en wat Hy moes deurmaak nie. Dis eerder 'n lekespel waarin mense die klaar duidelike evangelie nog duideliker probeer maak. So 'n lekespel is nie in ooreenstemming met die Woord en ons belydenis nie.

In hierdie bedeling eis God dat ons Christus en sy werk moet vertoon deur die evangelie onverskrokke en vreesloos te verkondig, orals, met die mond en met die daad. En van die bedeling wat kom, belowe Hy ons dat ons uiteindelik tog Hom sal sien. En daarna sien ons uit: Hulle sal Hom sien en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees (Openb 22:4).