Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TweŽrlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die wÍreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die wÍreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder geŽmeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

SKRIFOORDENKING

NA WATERS WAAR RUS IS LEI HY MY HEEN

"Daar bly dus 'n sabbatsrus oor vir die volk van God" (Hebr 4:9)

-  DS JP COETZEE - EM PRETORIA-MEINTJESKOP -

Die Bybel leer ons in HebreŽrs 3 en 4 dat God sy vok lei.Hy lei sy volk, dit betref die gelowiges, na die ewige rus. God beloof die ewige rus vir sy volk en beskryf dit as die rus van die sabbat.

Na hulle wonderbare uittog uit Egipte het God sy volk geleer dat hulle Hom na sy rus moet volg. Maar Israel het twee alternatiewe op God se besluit gehad: Enersyds was dit vir hulle goed om 'n eie land te mag hÍ en andersyds was die verblyf in Egipte tog nie so skrikwekkend soos wat dit vir baie lesers van die Bybel klink nie. ... Harde werk ja, maar daar was kos; seuntjies moet vermoor word ja, maar die pa kan bly leef. Onder diť omstandighede bewerk God die wonderbare uittog uit die slawehuis, uit Egipte.

In Exodus 15 en 17 word beskryf hoe kwaad die Israeliete later vir Moses was, omdat daar nie oral in die woestyn water vir hulle beskikbaar was nie. Maar by die bitter water van Mara verskaf God die beno-digde drinkwater. Ook uit die rots by Massa laat God drinkwater vloei. Albei kere het Israel die water gedrink en dit geniet, maar nie die Here daarvoor gedank nie! Was dit dan nie hulle reg as mense om water te hÍ nie? Wat 'n onnodige en onsensitiewe vraag, sÍ vandag se menseregte voorstanders.

In die onderhawige hoofstukke van HebreŽrs leer God dat die pad na ewige rus nie deur mensgemaakte paaie, soos byvoorbeeld diť van ''menseregte'', gaan nie, maar slegs deur die gelowige aanvaarding van die evangelie. Let op die uitdrukking in die brief aan die HebreŽrs: God noem dit ''my rus'' en nie die mens se rus nie.

Ja tog, die mens het 'n rus van sy eie. Dit is diť soort rus van hulle wat nie God, die HERE, gelowig volg nie. HebreŽrs 4: 1 praat van hulle wat agtergebly het. Die agtergeblewenes van HebreŽrs 4: 1 was die ongelowiges in Israel wat hulle eie twee alternatiewe eerder wou gerealiseer het. Hulle het na 'n ''rus'' van hulle eie gestrewe, maar nie na diť van God nie. Daarenteen skenk God die sabbatsrus vir die volk van God wat sy Woord en verlossingsdade met die geloof verenig.

SABBATSRUS

In die HebreŽrbrief word twee Griekse woorde vir ''rus'' gebruik. Ons praat nou oor die eerste woord: sabbatsrus. Uit al die stryd en ellende het daar vir die volk van God 'n sabbatsrus oorgebly. Dit is 'n rus wat aanvang as die arbeid beŽindig of voltooi is. Diť woord vind sy betekenis in die sabbatswet wat in die Ou Testament op skrif gestel is. Dit is rus van die arbeid. Dit is inderdaad 'n opdrag om aan God se voorskrif vir ons lewe gehoorsaam te wees.

Dink nou maar hier oor die in-spanning wat sommige het om die Heilige Skrif, ook in die onbegryplikheid van die wonderwerke, te glo en te aanvaar as die onfeilbare en onbe-twyfelde Woord van God. Daar was destyds in Israel ook diegene wat hulle nie gesteur het aan God se wonderwerke nie. Hulle het die tien plae oor Egipte waargeneem en beleef, nogtans was hulle bekommerd oor die belofte van God en wou nie glo dat Moses sy profeet met die oog op die beloofde land was nie. So het daar vir hulle geen sabbatsrus oorgebly nie. Hulle het agtergebly toe God sy sabbatsrus geproklameer het.

Sabbat beteken dat mens van sy werk mag/moet rus. (Ex 20: 9 - 11). Diť sabbatsrus is die beŽindiging van die moeitevolle arbeid. Nogtans is daar 'n soort moeitevolle arbeid wat egter nie gerig is en uitloop op diť sabbatsrus nie. Dit is verbasend hoe hard mense vandag nog kan werk om die belofte van God te weer-spreek. Met die oog daarop verwys ons na sekere teoloŽ wat lywige geskrifte en boeke publiseer, wat nie op God se beloftes gegrond is nie, maar op die sentraalstelling van die mens, wat op mensebehae gerig is. Die sabbatsrus wat God skenk, is nie van betrekking op hulle nie. Hulle het agtergebly en bly agter aangaande die sabbatsrus wat God gebied en belowe het.

Skrifgelowiges het in hierdie wÍ-reld 'n moeitevolle taak. Hulle moet die woord van waarheid, die belydenis dat die belofte van God groter is as die nood, selfsug en behae van die mense, vashou en aanhou om dit ook aan ander uit te dra en te leer. Vir hierdie werk verleen God krag. Daarvoor laat Hy ook 'n sabbatsrus vir sy volk oorbly.

In HebreŽrs 4: 9 is daar ook 'n klein woordjie waaraan ons nie mag verbygaan nie. Dit is die woordjie ''dus''. Die Bybel trek hier 'n gevolg uit vorige gegewens en feite. Hier vind ons 'n voorbeeld van hoe die Godsopenbaring sy wonderbare lyne trek. In Psalm 95: 11 staan geskrywe: ''... so-dat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik hulle sal in my rus nie ingaan nie!'' Dit word gesÍ met die oog op daardie Israeliete wat tydens die woestynreis by Mara, Massa en Meriba die Godgegewe water gedrink het sonder om Hom te eer en te dank vir die uitkoms wat Hy gegee het.

Hulle het geweet om te kla oor hul menslike nood by Moses. By hulle het dit gegaan oor hul behoefte en hulle menslike ''reg'' om water te hÍ en daaroor te beskik. Aan daardie behoefte is voldoen. Voor God erken en bely hulle egter niks meer nie. Hulle was ondankbaar teenoor God omdat die belofte van die land waar Hy vir hulle rus sal verskaf, in hulle oŽ ongelooflik was. Onder diť omstandighede het hulle dan by die waters van twis uitgekom (Ex 17:7).

Hoe wonderbaar en troosvol is daarenteen die woorde van Psalm 23: 2: ''... na waters waar rus is, lei Hy my heen.''