Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TweŽrlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die wÍreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die wÍreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder geŽmeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS

DEPUTATE CO (GKSA) REAGEER OP UITSPRAKE VAN MINISTER VAN ONDERWYS

Die Minister van Onderwys, Kader Asmal, het onlangs in die parlement gesÍ 'n nuwe beleid wat sy departement tans afhandel, sal behels dat die voorkeur van die meerderheid ouers van 'n skool nie noodwendig sal bepaal of 'n spesifieke godsdiens in daardie skool beoefen word nie. Godsdiensbeoefening, het hy gesÍ, hoort nŠ ure, tuis of in die kerk.

Die Deputate Christelike Onderwys van die GKSA stel die volgende beginselstandpunte:

Christenouers het 'n belofte afgelÍ om hulle kinders self te onderrig, maar ook in die skool en in die kerk deur ander te laat onderrig.

Die Christenkind se hele lewe is godsdiens. Opvoeding en onderwys by die huis, die kerk en die skool is vir Christene 'n onskeibare eenheid.

Die owerheid het 'n bepaalde, beperkte bevoegdheid ten opsigte van onderwys. Die owerheid behoort onderwyswetgewing en fasiliteite daar te stel, toe te sien dat dissipline, orde en hoŽ standaarde gehandhaaf word sodat die ruimte geskep word vir ouers om hulle kinders volgens die ouers se geloofsoortuiging te laat onderrig.

In die RSA geld Godsdiensvryheid en basiese regte vir elke landsburger ook ten opsigte van onderwys, insluitende Christelike onderwys (vgl Grondwet Artt 15.1 en 15.2 en SA Skolewet, Art 7).

Ouers as belastingpligtiges het die reg tot inspraak en seggenskap oor die onderwys van hulle kinders volgens hulle eie geloofsoortuiging.

In die lig hiervan is slegs 'n vergelykende, multigodsdienstige Godsdiensonderrigbeleid onvoldoende en onaanvaarbaar vir Christene. Ouers behoort die reg te hÍ om self te besluit tussen 'n enkelgeloofs- of multi-geloofsbenadering of 'n kombinasie van die twee ten opsigte van godsdiensonderrig in die skool. Dus behoort die vrye keuse van al die ouers (hetsy meerderheid of minderheid) ten opsigte van Godsdiensonderrig gerespekteer te word. Ook behoort godsdiensseremonies en -onderrig op 'n vrywillige en nie-afdwingbare basis te geskied.

Vir Christene is daar geen neutrale lewensterrein nie, nie ten opsigte van Godsdiensonderrig of ten opsigte van die res van die kurrikulum wat aangebied word nie. Die hele kurrikulum, insluitende Godsdiensonderrig, word vanuit 'n Christelike lewens- en wÍreldbeskouing benader. Daarom is 'n neutrale, skynbaar objektiewe Godsdiensonderrigbeleid vir Christen-ouers onaanvaarbaar omdat dit teen Christene se geloofsoortuiging diskrimineer.

Die Minister se optrede getuig van 'n onsensitiwiteit vir persone van verskillende geloofsoortuigings en beantwoord nie aan deursigtigheid en demokratiese beginsels nie. Groot ontevredenheid bestaan onder Christene dat die vorige verslag, wat na baie raadpleging van persone van verskillende geloofsoortuigings, daargestel is en algemene byval gekry het, totaal geÔgnoreer is. As Christene versoek ons Minister Asmal om ernstige oorweging te skenk aan die vorige verslag en die voorgestelde vier modelle vir godsdiensonderrig.

As Christene beroep ons ons op Godsdiensvryheid, ons grondwetlike regte en 'n demokratiese hantering van ons geloofsoortuiging in die daarstel van 'n nasionale Godsiensonderrigbeleid.