Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Tweërlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die węreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die węreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder geëmeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

LOTERY EN DIE ALGEMENE SINODALE KOMMISSIE (ASK)

WAARHEEN IS DIE NG KERK MET SY LIDMATE OP PAD?

-  PROF RM BRITZ - TEOLOGIESE FAKULTEIT UOVS  -  BLOEMFONTEIN  -

Baie lidmate het die besluit van die ASK in verband met die deelname aan die staatslotery nie goed ontvang nie. Ons kerkleiding het hulle teleurgestel. Selfs hulle vertroue geskok. Veral die gemeentes waar predikante reeds die deelname aan die staatslotery in die prediking en huisbesoek oortuigend en uit die Bybel afgewys het. Hulle staan nou verleë. Die NG Kerk het toe al die tyd 'n ander standpunt. Ons kan hierdie saak dus nie sonder meer daar laat nie.

Vergeleke by die studiestukke en besluite van byvoorbeeld die Algemene Sinodes van 1994 en 1998 steek die oppervlakkige (en byna ligsinnige) verklaring van die ASK sleg af. Dit is op eens ook duidelik dat die Algemene Sinodes en die ASK verskillende uitgangspunte aangelę het om die saak te beoordeel. Die Algemene Sinodes het vanuit die Skrif gewerk. Die ASK neem sy vertrekpunt vanuit die situasie. Daarom kom die Kommissie en die Sinodes tot verskillende gevolgtrekkings. Omdat die ASK vanuit die situasie gedink het, het hy ook nagelaat om dit wat fundamenteel verkeerd is aan 'n staatslotery vir die nasie én die regering uit te wys. Hierbenewens het die belangrike saak dat Christene onberispelik moet lewe en altyd 'n voorbeeld moet stel, ook in die slag gebly. Dit spreek dus vanself waarom vele lidmate hierdie besluit sien as net nog 'n houding dat die NG Kerk besig is om sy gereformeerde belydenisgrondslag en Skrifbeskouing te verlaat. Dit lyk of hy inderdaad 'n handomkeer maak. Hy word stadig maar seker 'n ander kerk. Die ASK-besluit het hierdie innerlike vervreemding verder gevoer. Toegegee, daar is diegene wat die besluit omhels. Dit bevestig egter dat die NG Kerk inderdaad besig is om in uiteenlopende rigtings koers te kies.

Hierbenewens is baie predikante en kerk-rade verras. en selfs verontwaardig daaroor dat die ASK as 'n kommissie blykbaar sy bevoegdheid oorskry het deur die staande sinodale besluite oor lotery en dobbelarye ter syde te stel. In die gereformeerde kerkordelike oortuiging het 'n sinodale kommissie tog nie hoër gesag as 'n sinode nie. In die onderhawige geval lyk dit dus asof die ASK hom nie aan die aanvaarde gereformeerde benadering gehou het nie. In alle eerlikheid moet gesę word dat dit nie heeltemal die ASK se skuld is nie. Volgens sy reglement het hy volmag om oor nuwe en spoedeisende sake besluite te neem. Hy het ook die reg om self te oordeel wat nuut en spoedeisend is. Daarby het die Algemene Sinode van 1998 die Kerkorde in hierdie verband op 'n kardinale punt gewysig. Besluite van vergaderinge of hulle gevolmagtigde kommissies is bindend en moet gehoorsaam word (vgl Kerkorde, Art 23). Hiervolgens kan die ASK besluit dat staatslotery 'n spoedeisende en nuwe saak is. En, kan hy inderdaad nuwe bindende besluite in hierdie verband neem. Die probleem lę dus primęr by die ongereformeerde wysiging van die Kerkorde. Daarmee speel ons Kerkorde in die hand van  hiërargie waarin die ASK die hoogste gesag is en waarin hy letterlik oor alles wat hy meen spoedeisend en nuut is, bindende besluite kan neem. Hy sou byvoorbeeld ook bindende besluite kon neem oor homoseksualiteit en voorhuwelikse geslagsgemeenskap. Beide sake word immers toenemende dringende kwessies in die NG Kerk.

Die gewysigde Kerkorde het dus eintlik die ASK gehelp om oor lotery 'n nuwe besluit te neem. Tewens, dit is ook die rede waarom die ASK 'n gewysigde Ondertekeningsformulier (Legitimasieverklaring) goedgekeur het, sonder dat dit deur 'n enkele kerkraad, ring of sinode getoets is. En, dit is ook die rede waarom die ASK die navraag oor die NG Kerk se standpunt rondom die staatslotery nie op 'n gereformeerde wyse gehanteeer het nie. Hy het dit immers nie na kerkrade en gemeentes verwys nie. In die plaaslike gemeente en onder toesig en sorg van die kerkraad, spreek die Woord immers die volle waarheid oor 'n saak soos staatslotery. As 'n Kerkraad hieroor onseker is, moet hy die Ring roep om hom hierin by te staan. En as die Ring nie helderheid het nie, dan kan dit na die Sinode gaan. Hierdie weg het die ASK nie gekies nie. Hy het namens die NG Kerk as die NG Kerk gepraat. En, daarmee 'n ongereformeerde en gesentraliseerde kerkbegrip na vore laat tree waarin 'n sinodale kom-missie as die hoogste gesag teenoor die (onwetende) lekelidmate en predikante gestel word.

Op stuk van sake roep die omstrede besluit van die ASK die vraag op: Waarheen is die NG Kerk met sy lidmate op pad? Waarom is die gereformeerde aanvaarding van die gesag en onfeilbaarheid van die Skrif in die gedrang? Waarom bind die gereformeerde belydenis ons nie meer saam nie? Of, moet ons aanvaar dat die gereformeerde belydenis nie werklik meer saak maak in die NG Kerk nie?

Meer en meer dominees en lidmate kan hierdie vrae nie meer onder die maatemmer wegsteek nie. In hulle kommervolle gesprekke oor die toekoms van 'n geliefde kerk en hulle gebede klink die versugting na 'n egte skriftuurlike reformasie op.

Hierdie artikel is oorgeneem uit:  ROEPING EN RIGLYNE

Termynblad van die VCHO,  Augustus 2001, pp 11 en 24

Dit is aanvanklik gepubliseer In: KOMPAS, Julie 2000 (Red. P vd K)