Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TweŽrlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die wÍreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die wÍreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder geŽmeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

KLEURLINGGESIN WEGGEWYS BY APK EREDIENS

KOMMENTAAR DAAROOR, GELEWER DEUR

DS MC ADENDORFF, DIREKTEUR APK SE SENTRALE KERKKANTOOR

Onlangs het daar in die Kaap van storms ’n storm ontstaan rondom die bywoning van ’n erediens in die Afrikaanse Protestantse Kerk deur kleurlinge. Die kleurlinggesin is voor die aanvang van die erediens versoek om die kerk te verlaat. Hulle het daarna die saak onder aandag van die nuusmedia gebring wat wye dekking daaraan gegee het.

Die Afrikaanse Protestantse Kerk (AP Kerk) is daarvoor bekend dat hy ’n gereformeerde kerk onder Afrikaners is, en dat die Afrikanervolk vir hom per definisie ’n blanke volk is. Lidmaatskap word in die Kerkorde van diť Kerk soos volg bepaal:

3. Kerk en lidmaatskap

3.1 Kerk van Christus is die vrug van die werk van die Drie-enige God onder die Koningskap van Christus.

3.2 Net blanke Afrikaners, asook ander blankes wat hulle met blanke Afrikaners vereenselwig, wat die saligmakende geloof in Christus het (Rm 10:9-10), wat die belydenis, leer en hierdie Artikel in die Kerkorde van die Afrikaanse Protestantse kerke in kerkverband onderskryf, kan saam met hulle kinders lidmaatskap van ‘n plaaslike kerk (gemeente) verkry.

3.3 Die Here leer ons in Gn 11, Dt 32:8, Hd 2:8, Hd 17:26, Op 7:9, Op 21:24 en 26, Op 22:2 dat die inheemse kerk sy wil is. Die AP kerk(e) wil elk ‘n openbaring van die liggaam van Christus wees en ook die verinheemsing van die kerk van Christus onder die Afrikaner-Boerevolk naas ander volkere, van watter kultuur hulle ook mag wees.

Wat die bywoning van eredienste en spesiale geleenthede soos huwelike en begrafnisse betref, berus die besluit oor wie toegelaat word, by die plaaslike gemeente. Die plaaslike gemeente is ‘n komplete kerk en sy kerkraad dra volle verantwoordelikheid vir besluite soos daar geneem. In die Kaapse gemeente Tygerberg het die kerkraad vanweŽ beswaar deur ’n lidmaat oor die teenwoordigheid van die kleurlinge die situasie so taktvol moontlik probeer beredder en hulle verskoning ook aan die gesin aangebied.

Ander gemeentes het in soortgelyke situasies, wat in sommige gevalle opsigtelik provokasie was met die pers byderhand op die agtergrond, gewoonweg aangegaan met die diens. Daar is nie ‘n sinodale verbod daarop dat lede van ‘n ander volk ‘n erediens in die AP Kerk bywoon nie - dit is suiwer ‘n plaaslike aangeleentheid. Dit sou egter ook oneties wees om so ’n gesin onbepaald toe te laat om eredienste by te woon en die ver-wagting by hulle te laat groei dat hulle lidmate kan word.

Die gebeure in die Kaap het die AP Kerk opgeroep om hom opnuut te verantwoord oor die beginsels waarop sy standpunt in die verband berus – ’n standpunt wat deesdae deur die ander Afrikaanse kerke beveg word. Selfs die Premier van die Wes-Kaap het ’n onderhoud met verteenwoordigers van die AP Kerk aangevra, en dwang probeer uitoefen op die Kerk om sy standpunt te verander. Daarmee is ook die eerbiediging van die ou beginsel van soewereiniteit in eie kring oorboord gegooi.

Bevat die opskrif van hierdie artikel ’n contradictio in terminis? Die begrip volkseie kan verstaan word as van die volk, behorende aan die volk, terwyl die woord kerk weer sÍ: van die Here, behorende aan die Here. Dis opvallend dat die AP Kerk in die onderskrif by sy naam nie praat van ’n kerk van die Afrikaners nie, maar van ’n Gereformeerde Kerk van Christus onder die Afrikaners. Sou die term volkseie dus hier ter sprake kom, moet dit in hierdie sin verstaan word. Die inheemswording van die kerk is ’n ou beproefde sendingkundige beginsel.

Die Afrikanervolk is hoofsaaklik gevorm deur samesmelting van lede van Europese volke, en daarom laat art. 3.2 van die Kerkorde steeds ruimte vir daardie soort groei. ’n Mens sou sekerlik weerstand kon verwag as daar so ‘n toeloop van byvoorbeeld Engelse sou wees dat die Afrikaanse kultuur-eie daardeur verander sou word.

Met sy begrensing in artikel 3 van sy Kerkorde het die AP Kerk die kerklike tradisie voortgesit wat in die NG Kerk geheers het tot ongeveer 1986. In die NG Kerk was selfs voorsiening gemaak vir byvoorbeeld Engels- en andertaliges (Europese) in afsonderlike Andrew Murray-gemeentes.

Die tradisie het ‘n lang aanloop gehad wat ook teologies, Skriftuurlik verantwoord is. Ervaring in Suid-Afrika het gelowiges geleer dat skeiding soms ter wille van vrede noodsaaklik is. Selfs die vader van alle gelowiges, Abraham, het by geleentheid partye in die kerk (verbondsvolk) laat skei ter wille van vrede. Daarvan lees ons in Gen 13:7-11.

Dit is nodig dat ons die lesse uit die verlede weer in oŽnskou neem. Waar volke en rasse in Suid-Afrika tans op groot skaal aan mekaar opgedring word, het ons meer wrywing as ooit tevore. Die huidige berigte oor grondbesetting is maar een manifestasie daarvan. As ons eerlik is met ons einddoel om vrede tussen mense en volke te handhaaf, sal ons met diť lesse erns moet maak.

Die huidige grondwet van SA maak voorsiening vir die bestaan en ontwikkeling van volkseie organisasies. Artikel 18 bepaal die reg van vrye assosiasie, en saamgelees met artikel 35 kan daaraan nie verander word net in geval van die AP Kerk nie. Enige beperking van die reg sal ook algemeen moet geld ten opsigte van byvoorbeeld Griekse, Duitse, Joodse, en Sjinese volkseie organisasies in SA.

Waarom wil lede van swart volke so graag indring by Afrikanerkerke en organisasies? Wat is so begeerlik by Afrikaners? Of spruit dit uit rassehaat wat alles wat Afrikaans is, wil vernietig?

Ons moedig graag elke volk aan tot ‘n dankbare trots op sy eie besondere gawes wat hy van die Here ontvang het, en tot eerbiediging van ander volke se volkseie. Ons merk ook iets hiervan in die optrede van die Heilige Gees toe Hy op Pinksterdag in Jerusalem met al die teenwoordiges in hulle eie tale gekommunikeer het (Handelinge 2).

Dis interessant om daarop te let dat volk en kultuur in die kerklike lewe tydens die Reformasie ook belangrik geag is. In Straatsburg was daar ‘n Franssprekende en ‘n Duitssprekende Gereformeerde Kerk (1538); in Londen was daar Gereformeerde Kerke vir verskillende volks- en taalgroepe; ook in GenŤve. So is die kerkgebou, Austin Friars, al vir eeue die sentrum van die kerklike lewe van Nederlanders in Londen (Skriflig op Kerk en Volk, bl 47).

Hoe meer volke aan mekaar opgedring word, hoe meer wrywing word geskep. Tans is die opvallendste voorbeelde nog ten opsigte van kleur, maar dit gaan nie net om kleur nie - dit gaan om kulture, volke. As blankes geheel uit Suid-Afrika verdwyn, sal daar nog steeds stryd bly tussen die verskillende volke (kulture). Dis ‘n misleiding om die stryd sonder meer te koppel aan kleur, of aan die begrippe meerderwaardig of minderwaardig. Dis net gewoon ‘n volk se eiesoortigheid wat hy wil en moet beskerm, en wat in geval van dreigende oorheersing deur ‘n ander hom tot selfverdediging sal noop.

Die AP Kerk is ’n kerk van Jesus Christus onder die groep mense in hierdie land wat nie deur ons toedoen nie, maar reeds voor ons aankoms op die toneel ontwikkel het tot ’n volk met ’n eie karakter, wat as die Afrikanervolk bekend is, en waarvan een van die eienskappe is dat hy blank is. Van die hoogste geestelike adel kom ook in hierdie volk voor. Ons ag ons geroepe om deur die genade van die Here aan die verdere veredeling mee te werk. Helaas is daar ook vele verlooptes wat weinig prys stel op die eertydse geestelike en fisiese eienskappe van die Afrikanervolk. Hulle is geredelik bereid om naam en identiteit te verhandel vir dertig silwerstukke. Die Here sal soos in die verlede, ook in die toekoms steeds ‘n oorblyfsel uit elke volk bewaar. Dis hulle van wie daar in Openbaring 21:3 (1983 vertaling) geskrywe staan: Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees ...