Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
TweŽrlei Genade

SKRIFOORDENKING:
Na waters waar rus is, lei Hy my heen

AKTUEEL
Die wÍreldkonferensie teen rassisme

Kleurlinggesin weggewys by APK Erediens

Persoonlike Kapelaan vir Kaapstadse Burgemeester, Peter Marais

Waarheen is die wÍreld op pad?

Lotery en die algemene sinodalekommissie (ASK) waarheen is die NG Kerk met sy Lidmate op pad?

"God? Geloof in 'n moderne tyd"

Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die Geloof in ons tyd

NG Kerk se Ring van Heilbron: Standpunt insake die Woord van God

Die historiese werke van Flavius Josephus

Kindernagmaal

KERKLIKE JOERNAAL: 
Katkesasieboekies: "Ken, vertrou en doen"

Bybelvertalingsimposium op 20 - 22 Augustus 2001

Die nuwe Bybelvertaling

Algemene Kerkvergadering NH Kerk 

Ds AH(Andries) Mulder geŽmeriteer

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Deputate CO (GKSA) reageer op uitsprake van minister van onderwys

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die pad na herstel

PERSRUBRIEK: 
Suid-Afrikaanse handves van menseregte Edel handves? - Watwou!


Piet Breytenbach, Potgietersrus skryf in DIE HERVORMER 1 Julie 2001, oor die nuwe Lieboek

Nogmaals die passiespel in Oberammergau

Ekonomie: Wetenskap van Rentmeesterskap

Huwelik as instelling verval in die weste

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die Vierde Bede tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 5 September 2001

Aktueel

DIE WÍRELDKONFERENSIE TEEN RASSISME

''Maak dit liewer 'n rasseharmonie-kongres''

- NUUSKOMMENTAAR RADIO PRETORIA, WOENSDAG 1 AUGUSTUS 2001 -

Die negatiewe benadering van die rassevergadering in Durban spreek te duidelik uit die vaandel waaronder dit gaan vaar. Dit heet naamlik de wÍreldkonferensie teen rassisme. Dit is dus daarop ingestel om gevalle van rassehaat te soek, om te beskuldig, te veroordeel en indien moontlik te straf.

Dit word dan ook bevestig deur die kwessie van slawerny op die agenda te wil plaas. Was die oogmerk maar die bestryding van hedendaagse verkoop van kinders as arbeiderslawe en slawesoldate in sekere Afrikalande, dan sou dit 'n lofwaardige en positiewe doel kon dien.

Die aanduidings is egter dat daar grootskeeps ou koeie uit die sloot gegrawe wil word, selfs van Amerika kompensasie geŽis wil word vir gebeure waarvoor geen mens of instansie vandag meer aanspreeklik gehou kan word nie. Slawerny is immers reeds in 1772 in Engeland en Holland en in 1787, nŠ die Amerikaanse burgeroorlog, in die VSA afgeskaf.

Pleks van beskuldigings en vergoedingseise, sou dit tog pasliker wees om mense soos die Britse staatsman William Pitt, William Wilberforce en sy vriende en, les bes, die Amerikaanse president Abraham Lincoln se geslaagde stryd om die afskaffing van slawerny waarderend te gedenk.

Slawerny is onaanvaarbaar. Tog is dit perspektief-onthalwe nodig om op die geskiedenis in te gaan.

Slawerny dateer uit die vroegste eeue van oorlogvoering en onderwerping. Daar is haas nie 'n ou volk of ras ter wÍreld wat dit nie bedryf of van wie se lede nie daaraan onderworpe was nie. Selfs die Bybel veroordeel dit nÍrens nie, hoewel Christus in sy uitsprake en sy apostels in hulle briewe sowel eienaars as hulle slawe se optrede teenoor mekaar aan die Christelike liefdebeginsel onderworpe stel.

Die Arabiere, Portugese en les bes die Amerikaners wat nou aangekla word, was nie die alleen-skuldiges nie. Stamme het aktief deelgeneem deur verowerde mede-Afrikane aan Westerse handelaars te verkoop. Afrika se mense was aandadig aan die bedryf. Gaan van hulle ook vergoeding of 'n ander vorm van restitusie geŽis word?

Miskien moet Amerika dit tůg oorweeg om deel te neem en perspektief in die debat te bring, mits sy afgevaardigde nie met protesgille tot swye gedwing word nie. Of dalk deur politieke oorkorrektheid homself tot niksseggendheid reduseer nie.

Hoever kan daar in die verlede teruggegaan word om restitusie vir menseregte-oortredings te eis? Apart-heid sal uiteraard op die aambeeld geplaas word sonder enige erkenning aan al die positiewe wat onder diť stelsel vir swartmense gedoen is.

Kan Arabiere en ander volke van weleer geteiken word vir hulle haremstelsels of eunugkultuur? Kan restitusie van die Italianers geŽis word omdat die Romeine Egipte tot kolonie gemaak het, of Griekeland omdat Alexander die Grote IndiŽ onderwerp het?

Rasseharmonie is 'n wonderlike en nastreefbare saak, maar kan nie deur haat en vergelding gebou word nie. Dit sou inderdaad lofwaardig gewees het as die organiseerders van die konferensie dit liewer 'n rasseharmonie-kongres gemaak het waar die soeklig op die baie voorbeelde, ja ook in Suid-Afrika onder apartheid, kon val. Pleks van veroordeling en vergelding, kon die klem op maniere geval het hoe om rasse-harmonie te bevorder, dus op versoening pleks van wraak.

Wat ons betref is die erkenning aan volke om ongestoord na hulle eie sake om te sien, die eerste stap na hierdie versoening.