Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Kerk en Koninkryk

SKRIFOORDENKING:
Verwag die Stad van God

AKTUEEL
Ope brief aan die President

Die Psalmberyming in die nuwe "Liedboek van die Kerk"

Evolusieleer opnuut in die brandpunt

Dissipline in die Christelike huis

Die gesag van die gereformeerde belydenisskrifte

Die Boeddhisme vandag

Studie van die vrou in die Kerk

Die nuwe ideologiese demagogie

Die omkering van die Staatsbestel

Wie is dr Francis Nigel Lee?

Die "Dordt"-kerk in Orania

KERKLIKE JOERNAAL: 
Prof Koos Vorster weer by sitting van die Verenigde Nasies

Hervormers aanvaar die nuwe liedboek

Genadedood in Nederland gewettig

NG Kerk se aanvaarding van homoseksuele

NG Kerkraad tree nie op teen Spangenberg

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Die multi-Godsdienstige benadering in die nuwe onderwyssisteem

'n Saak van etiese waardes

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhouding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

PERSRUBRIEK: 
Die vertaling van die Name van God


Beswaarbriewe teen aanvaarding van homoseksualisme in die NG-Kerk

Bybel sů gefragmenteerd

Lewe sonder God sinloos

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Siekte en gebed

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 3 Mei 2001

DIE OMKERING VAN DIE STAATSBESTEL

Wat het Gebeur?

-  PJR KRUGER  -  AMATAKULU  -

(Slot-aflewering)
Vorige

ie Christelike geregtigheidsbeginsel was verantwoord in die beleid van apartheid. Verwoerd se sin vir geregtigheid word miskien die beste aangetoon deur sy reaksie en kommentaar op dele van die Tomlinsonverslag. Daarin is onder andere aanbeveel dat blanke kapitaal en inisiatief in die tuislande toegelaat word ten einde ontwikkeling vinniger van die grond af te kan kry. Op die oog af 'n sinvolle voorstel. Verwoerd het dit egter ver-werp. Sy betoog was dat blankes met 'n meerdere kapitaalvermoŽ en groter sakevernuf, op daardie stadium, as 't ware die eersgeboortereg van die ontwikkelende swart volke sou bekom. Sy oortuiging was dat swart entrepreneurs self in die behoeftes van hulle gemeenskap moes voorsien. Dit was uiteraard 'n langer en moeisamer weg, maar dit het die belofte van selfstandigheid en swart bemagtiging ingehou.

Swart sake-ondernemings sou op diť wyse sonder mededinging van blankes kon ontwikkel. Die opoffering van blankes was dat geld wat deur loonarbeid in die RSA verdien is, elders spandeer sou word (dink veral aan die grensnywerhede). Inderdaad was dit 'n bitter pil vir veral die groot geldbelangegroepe in ons land.

Verwoerd verwys self na die feit dat daar botsings tussen hom en die geldmag was. So verklaar hy: ''Aan die vooraand van die Republiek vra teenstanders nou dat ons, die regering, sy kleurbeleid moet wysig sodat hulle meer geld kan maak.'' Asook: ''Sekere mense dink ons het hulle nodig en hou 'n pistool voor ons kop en vra prysgewing van sekere dele van ons kleurbeleid. Ons is nie te koop nie. Ons kleurbeleid is nie te koop nie'' (Transvaler 4/7/1960).

Die feit dat Dr Anton Rupert binne 'n maand nŠ die sluipmoord op Dr HF Verwoerd gesÍ het: ''Ek wil nie 'n huigelaar wees nie: die feit dat Dr Verwoerd nie meer die Eerste Minister van Suid-Afrika is nie, is die beste ding wat met ons land kon gebeur het'', versterk die getuienis dat sy beleid die geldmag dwars in die krop gesteek het.

Dit is algemene kennis dat die groot monopolieŽ rekord-winste in die tagtiger jare gemaak het, terwyl individue en klein sake-ondcrnemings deur 'n vloedgolf van bankrotskappe geteister is. Rupert en andere het inderdaad meer geld gemaak terwyl die blanke middelklas die rekening van die regering se herverdelingsbeleid moes betaal. Maar ook die swartes is sedert die era van Verwoerd ekonomies slegter af, behalwe vir die klein groepie elite wat onder die super rykes getel het en tans tien persent van die aandelemark beheer. Sedert die na-Verwoerd tyd is die sogenaamde vryemark as teenvoeter vir die kommunisme en sosialisme aan die kiesers verkoop. Selfs die huidige ANC-regering speel lustig op diť noot. Tog was en is die regering se verklaarde beleid van gelykstelling en herverdeling in werklikheid die slegste deel van sosialisme en lynreg in botsing met die vryemarkfilosofie. Die vryemark is eintlik daarvoor bekend dat dit die welvaart ongelyk verdeel. Deurdat die groot sakelui die beleid ondersteun terwyl hulle dit eintlik vanuit die vryemarkfilosofie behoort teen te staan, blyk dit dat die lyne tussen die vrye ondernemingstelsel en sy teenpole maar baie dun is. Voeg hierby dat die Staat se sogenaamde privatiseringsbeleid slegs die groot geldbelange ten goede kom omdat owerheidsfunksies en dienste aan 'n klein groepie van superrykes oorgedra word, dan is dit duidelik dat die vryemarkbeginsels oŽverblindery is. Die klein elite groepie word al hoe ryker en die breŽ massa al hoe armer. Antony Sutton se boek: Wall Street and the Bolshevic Revolution, toon aan dat die sogenaamde vyandskap tussen Groot Kapitaal en die sosialisme en Marxisme metterdaad oŽ-verblindery is.

Dit word duidelik hoe oŽnskynlik onverwante groepe dus, asof georkestreer, kragte kon saambondel om apartheid te vernietig, naamlik liberalisme (geldmag), sosialisme en kommunisme.

Is dit dus snaaks dat Verwoerd die laaste Eerste Minister was wat bekommerd oor die ongesonde, al groter sametrekking van kapitaal in die hande van sakegroepe was? Daarom het hy die Hoekondersoek gelas om, onder andere, die invloed van die Anglogroep op nasionale belang vas te stel en aanbevelings ten opsigte van maatreŽls teen monopolievorming te maak. Sy opvolger, adv BJ Vorster, was trouens ontsteld toe die Hoekverslag op Broederbond byeenkomste as 'n studiestuk behandel is en het dit toe dadelik laat onttrek. Diť verslag is daarna nooit openbaar gemaak nie en die aanbevelings wat daarin vervat was, het nooit gerealiseer nie.

Met hierdie artikel is dit nie die bedoeling om te kenne te gee dat die beleid van afsonderlike ontwikkeling, oftewel apartheid, volmaak was nie. As Calvinis weet ek dat selfs ons beste dade onvolmaak is. In die onvolmaakte werklikheid is geen stelsel perfek nie en by die uitvoering van beleid sal daar in mindere of meerdere mate onreg en ontbering wees. Maar waar ons nou kan terugkyk en die resultate (vrugte) van die drie ver-melde beleidsrigrings beoordeel, kom die vraag op of die veroordeling van apartheid, in bybelse terme, goed te praat is. Vir my oortuiging is dit 'n onverbloemde NEE!

Die sigbare resultate van die wegbeweeg van apartheid en uiteindelike politieke magsdeling, bring myns insiens ernstige bedenkings na vore of ons oor die dertig jaar van NP-regering ons kiesreg verantwoordelik uitgeoefen het. Veral in die lig van die GKSA se 1961-Sinodebesluit en waarskuwing: ''Daarom moet alle valse eenheidstrewe, massalisering en uitwissing van grense, soos deur die liberalisme en kommunisme verkondig, as onskriftuurlik verwerp word. Dit loop uit op die ryk van die antichris.''

Ons glo en bely dat God oor die lotgevalle van volke beskik, maar dit laat ons nie vry in die nakoming van ons burgerplig nie. Daar moet ernstig besin word oor ons aandeel in die oorwinning van die liberale en selfs kommunistiese beginselbasis in ons land. Dat "apartheid" nie gewerk het nie, is seker die maklikste verskoning om die gewetens te sus en ons Godgegewe verantwoordelikheid af te laai op ''veranderde omstandighede''.

Is die feit dat Calvinisme as nuutste toevoeging tot taboe's van die verlede, nie direk die gevolg van ons versuim om ons kiesreg verantwoordelik uit te oefen nie? Daarby sou ons kon voeg die feit dat die Gereformeerde kerkreg toenemend in botsing met vandag se Grondwet gaan kom. Byvoorbeeld die sake van: vroue in die kerklike ampsbediening, skorsing van predikante en lesbes seksuele oriŽntasie van lidmate of ampsdraers. Het ons nie onsself in die voet geskiet toe ons onder druk van die liberalisme geswig het, en toe saam met hulle apartheid as die sonde van die eeu bevind het nie? Skyn daar nie gevaarligte as die kerke in Nederland wat ons van die sonde van apartheid wou oortuig het, straks pedofilie gaan goedpraat nie? Is die feit dat 'n skoon kliniese snit nie apartheid en Calvinisme kan skei nie, dalk ten diepste die dilemma van ons tyd en die oorsaak van woelinge en strominge in die kerke van die gereformeerde tradisie nie?

Ek het probeer om 'n netelige saak omsigtig en feitelik aan te raak en om op 'n beskeie wyse van die feite waaroor dalk te lank geswyg is, op die tafel te plaas vir 'n eerlike beoordeling en herbesinning.