Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die sosialistiese bedeling

AKTUEEL:
Moslems wreldwyd in opstand

SKRIFOORDENKING:
Ek en my huis, ons sal die HERE dien
Josua 24 : 1 - 15

BOEKBESPREKING:
DIE BYBELLENNIUM
Skrifkritiese verklaring van teks in die boek Genesis

Lotery en dobbelspel geoorloof?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

"Die aarde is slegs een land en die mensdom sy inwoners"

Die Pous en die 1983 vertaling

"Are you a 'Dopper' "?

Kan ons nog praat van 'n Gereformeerde identiteit?

Reformasie van die Volkskultuur - Nodig of Noodwendig?

Die Massamens

KERKLIKE JOERNAAL: 
Is dit reg, Prof Tjaart?

Die gevolge van (kerklike) tugloosheid

Bedenklike metodes vir die insameling van Kerkfondse

Besluit Nasionale Sinode GKSA 1955, Art 247

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Beteken "Staatsakkreditering" 'n totale oorgawe aan die "wense" van die staat? Is die betekenis van "Volkseie" noodwendig "Die verafgoding van Afrikanerskap" en daarom "uit die Bose"?

Volkseie onderwys en Christelikheid

Stigting van Hans Rooseboom-Studie leningstrust

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (6)

PERSRUBRIEK: 
Dr Yolanda Dreyer se moraal oor seksuele eksklusiwiteit


'n Tiperende openbaring  van 'n Nederlandse "susterkerk" se liturgie en amptelike dienste

KOMMENTAAR: 
Word polemisering tussen gelowiges afgewys?

Evolusionisme sonder voorbehoud!?

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Is die strafreg deel van die geneeskunde?

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 4  Julie 2000

SKRIFOORDENKING

EK EN MY HUIS, ONS SAL DIE HERE DIEN

DS BOETA ERASMUS  -  LYTTELTON (GKSA)

Josua 24 : 1 - 15

Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid ... maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. (Josua 24 : 14a en 15b)

Hoe maak ons as Christene ‘n verskil in die wreld waarin ons leef? Elke dag rondom ons sien ons dinge wat teen ons grein ingaan: Die landwye lotery tans, om kamtig geld vir liefdadigheid in te samel; Ons moet vigs bekamp. Maar hoe? Ons weet watter oplossing vandag hiervoor aangewend word. Reg of verkeerd speel nie meer ‘n rol nie. Ons samelewing sekulariseer. Die moderne mens leef vir homself en vir die genot van die oomblik. Sondae is nie meer Sondae nie. Die tipiese vermaak en ontspanning van ons jongmense vandag is besig om van hulle onge-kultiveerde Amerikaanse Suid-Afrikaners te maak. Tragies is die feit dat daar vir God se eer en koninkryk so min plek oorgebly het.

Dit is ‘n stroom wat oor ons spoel. Hoe gooi ons wal? Hoe maak ons van-dag ‘n verskil?

Ons kan uit die Woord van die Here ‘n aantal verse van die laaste hoofstuk van die boek Josua lees. Die volk Israel het ‘n mylpaal bereik. Baie jare lank moes hulle deur ‘n woestyn swerf. Hulle het moeilike en swaar tye deurgemaak. Die laaste tyd moes hulle oorlog maak teen talle Kananitiese volkere.

God was getrou. Hy het die vreemde volkere voor Israel uit weggedryf, sodat hulle die land in besit kon neem. Uiteindelik het vir hulle ‘n tyd van rus aangebreek. Die beloofde land is ingeneem. ‘n Land wat oorloop van melk en heuning is hulle besitting. Hoe opgewonde moes die volk nie gewees het nie? Terwyl hulle deur die land getrek het, het hulle al die moontlikhede van die land gesien. Hr kan hulle hulle vee laat wei en laat vet word. Hr kan hulle hulle wingerde plant en groot oeste inbring. Hr kan hulle hulle stede bou en woon! Hulle dae van trek en swerf is verby.

In die voorafgaande hoofstukke is beskryf hoe die land onder die volk verdeel is. Elke stam het sy grondgebied gekry. Die twaalf stamme van Israel is nou op die punt om vir die eerste keer uit mekaar uit te gaan. Tot hiertoe het hulle saamgetrek - byna soos ‘n reuse familie. Maar nou het die tyd van afskeid aangebreek. Elke stam gaan nou sy eie potjie skrop.

Soos ‘n vader roep Josua, die grysaard, al die oudstes, die leiers, regters en opsigters van die volk byeen - soos ‘n pa sy kinders bymekaar roep. Op die gesigte van die stamleiers voor hom moes Josua hul opgewondenheid ge-sien het. Hulle het nuwe moed en sien uit na die toekoms. Hulle kan nie wag om te begin woon en werk nie.

So is ons ook wanneer daar in die lewe vir ons deure oopgaan. Ons kan nie wag om te begin nie. My nuwe werk, oorsee vir ‘n jaar, wat ookal. ‘n Jongmens wat deur al sy kinderjare onder sy ouers se dak gebly het voel so wanneer hy/sy die dag hul tassie pak om op eie bene te gaan staan - kan nie wag nie.

Josua, onder leiding van die HERE wat hom as instrument gebruik, roep die volk bymekaar en s vir hulle: Kyk terug. Kyk na julle geskiedenis. Sien raak hoe die HERE julle tot hier gelei het. Sien raak waardeur Hy julle alles bewaar en gedra het: Egipte, die Skelfsee, die Amoriete, Balak, Jerigo. Israeliete, moet nie net vorentoe kyk nie, kyk ook terug! Besef dat God ons tot hiertoe gelei het - dat ons alles wat ons is en het aan Hom te danke het. Hy gee aan ons ‘n land gegee waaraan ons nie gearbei het nie, stede wat ons nie gebou het nie, wingerde en olyfbome wat ons nie geplant het nie. Israeliete, sien God se troue verbondsliefde raak! Kyk terug!

Hoe gereeld kyk ons in dankbaarheid aan die Here op ons lewenspaadjies terug? Ons wat net wil vorentoe beur in die lewe en wil inpalm. Ons wat nie kan wag om die volgende deurbraak te maak nie. Hoe dikwels kyk ons ook terug om God te dank vir wat Hy aan ons gegee het - die verbondstrou wat Hy ook aan ons bewys het? Ons hoef nie net na ons eie lewens terug te kyk nie, maar ons kan selfs verder terugkyk ook na ons geskiedenis. Die HERE loop met ons ook in ons land ‘n pad. Ook ons moet sy verbondstrou raaksien.

Nadat die volk teruggekyk het na hul geskiedenis, gaan Josua, onder leiding van die HERE wat hom as instrument gebruik, verder en doen ‘n ontsaglik belangrike ding: Daar waar die leiers van die volk vir oulaas bymekaar is, stel hy openlik en prontuit aan hulle ‘n voorbeeld: "Ek en my huis, ons sal die Here dien."

Dit is asof Josua besef: Tot hiertoe het hy die volk gelei en kon hy sy oog oor hulle hou. Nou gaan hulle uitmekaar en hy is ‘n ou man. Langer kan hy hulle nie meer oppas nie. Hoe graag hy ookal wil, kan hy ook nie namens hulle besluite neem nie. Vroer kon hy hulle wel op die regte pad, volgens die wet van Moses getrou aan die HERE, begelei het, maar nou moet hulle self. Josua besef dat hy die vasbeslotenheid om die HERE te dien nie namens die volk kan uitspreek nie. En tog, wat hy kn doen, dit doen hy: "Ek en my huis, ons sal die HERE dien." Hy stel die voorbeeld.

Wanneer ons in ons lewens te doen kry met dinge wat verkeerd is, voel ons dikwels magteloos, omdat ons tog niks daaraan kan doen nie. Ons kn! Met j lewe stel jy die voorbeeld... Jou kind verlaat jou huis en slaan sy eie rigting in. Wat sal tog van hom/haar word? Sal hy/sy die Here bly dien? Jy voel bekommerd en magteloos. Afgesien van elke dag bid kan jy nog iets doen: Met jou lewe stel jy die voorbeeld.

Kom ons gaan kyk goed na Josua se voorbeeld: "Ek en my huis, ons sal die HERE dien." Hy begin met "Ek". Dit is presies waar ons elkeen moet begin: "Ek, myself" Hoe lyk my eie lewe, my geloofslewe in verbondenheid aan Christus? Leef ek ‘n lewe gelei deur die Heilige Gees? Wat lees ander mense in my wanneer hulle na my en my lewe kyk?

Ons moet elkeen by onsself - ons eie persoon - begin. En tog moet ons nie daar ophou nie. ‘n Siekte van ons tyd is dat mense hul geloof en verhouding met God nt as hul eie persoonlike saak sien. Dit het niks met ander mense uit te waai nie. "Wie is jy om my oor m geloof te kom aanspreek.?" So asof net ‘n mens se eie saligheid belangrik is. Vergeet maar van God se eer en sy koninkryk.

Nee. Josua gaan verder. Die voorbeeld wat hy stel is: "Ek" ja, maar hy voeg by: "en my huis, ns sal die HERE dien". ‘n Mens se verantwoordelikheid begin by jouself, maar daarvandaan kring dit wyer. Nie alleen ek nie, maar ook my huis, ons sal die Here dien. Nie alleen my eie saligheid is belangrik nie, maar tog ook die van my medemens. Alle mense wat God op my pad bring, en veral hulle wat die naaste aan my is - my huismense - dr l ons verantwoordelikheid. Ons moet soveel as moontlik mense met ons saamneem. Dit gaan immers om God se eer en koninkryk.

S wil die Here deur ons gedien word. Nie net elkeen afsonderlik nie, maar ook al sy kinders gesamentlik. Daarom noem Hy sy kerk sy liggaam. Ons is aan Christus ons Hoof vasgebind, en deur die Heilige Gees ook aan mekaar. Ons is op mekaar aangewys. Ons is mekaar se hoeders. Ons moet mekaar saamneem in ons diens aan die Here.

‘n Mens se godsdiens is nie maar nt jou eie persoonlike saak nie. Die kerk van die Here - en my aktiewe meelewing daarin - is nie maar ‘n opsionele saak nie.

Onthou Josua se woorde: "Ek en my huis, ons sal die HERE dien." Dit is wanneer ons besef dat ons nie in die stryd alleen staan nie, maar dat ek broers en susters in die geloof het wat by my staan - dan word die lewensstryd vir ‘n mens makliker.

Hoe maak ons as Christene ‘n verskil in die wreld waarin ons leef? "Ek en my huis, ons sal die HERE dien." Dit was hoe Josua die twaalf stamme van Israel tussen die heidenvolke van die land Kanan ingestuur het. "Ek en my huis, ons sal die HERE dien." Dit is hoe ons ‘n verskil kn maak.