Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Gereformeerde Etiek

AKTUEEL:
'n Leef en DenkwÍreld wat al meer materialisties word

SKRIFOORDENKING:
God se nuwe seisoen

Die Harry Potter-reeks kinderboeke

Leerstellig suiwer liedere vir die erediens?

Die verklaring van die Bybel

"Over religie - aan de liefhebbers onder haar beoefenaars"

'n Skerp Skrifkritiese hantering van 1 Thessalonisense vanuit Potchefstroom

Nog talle besware van kerkrade in die NG Kerk

Die Boeddhisme en sy stigter

Valentynsdag - 14 Februarie

Die saak van Sabbat en Sondag

Die omkering van die staatsbestel

KERKLIKE JOERNAAL: 
Ernstige oproep tot verootmoediging

Kerke binnekort belastingpligtig?

Die Gereformeerde Ekumeniese Raad

Studiegesprek oor ekumene

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Akademie vir CVHO vyf jaar oud

Evolusieleer in skole, musea en op radio- en TV-programme

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die verhoding tussen die Kerk en Staat volgens die Skrif

Verootmoediging of versoening?

PERSRUBRIEK: 
Hervorm na die eis van die Woord


Kerkraad van NH Kerk Makwassie ontsteld oor uitsprake

KOMMENTAAR: 
Hervormingsdaggetuienis 31 Oktober 2000

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Die maatstaf vir moraliteit

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 1 Januarie 2001

EVOLUSIELEER IN SKOLE, MUSEA EN OP RADIO- EN TV-PROGRAMME

In DIE KERKBLAD (GKSA) van 8 November 2000 verskyn 'n artikel onder die hoof "Evolusieleer in ons skole?" waarin prof Pieter H Stoker van die PU te Potchefstroom antwoord verskaf op die skynbare teenstelling tussen geloof en wetenskap. Die NG Kerk het lankal vrede gemaak met die aanvaarding van die evolusionistiese aanbieding van die skoolvakke aardrykskunde, biologie en wat verder van toepassing is. "TeoloŽ probeer om 'n boodskap, wat nie sÍ hoe alles ontstaan het nie, te ontleed om te kan sÍ wat ons alles uit die Bybel leer. Natuurwetenskaplike waarnemings en eksperimente, waaruit gevolgtrekkings gemaak word, lÍ op 'n ander vlak as godsdiens. Die ontstaan van lewe lÍ nie in die eerste plek op die terrein van die evolusie nie. Maar teoloŽ moet dan nie sÍ dat alles in ses dae uit niks geskape is met 'n skeppingswoord en dit was daar nie. God is Skepper en is ook in die evolusieproses aktief betrokke. Biologieprogramme moet egter nie gesien word as die plek om godsdiens te beoefen nie", aldus NG Kerk professore in 'n program "Oop Gesprek" op Radio sonder Grense op Sondagaand, 1 Augustus 2000. Eerder het ons in ons blad dieselfde beswaar vermeld teen Radio Pretoria, wat op sy programme van die wetenskap op Sondagaande, herhaal op Donderdagaande, onder die leiding van mnr Frik Pieterse, helaas ook die basiese gedagtes van die evolusionisme huldig. "Wat moet ons antwoord as verbondsouers hierop wees?" Prof Stoker vermeld dit as volg, wat ons instemmend en met erkenning aan DIE KERKBLAD aan ons lesers voorhou:

Waarom is evolusieleer as deel van skoolleerplanne nie vir ons aanvaarbaar nie? Kan ons ons antwoord duidelik omlyn en beredeneer, of is dit net omdat ons glo dat evolusieleer in botsing is met die skeppingsleer van die Bybel? Is evolusieleer en skeppingsleer werklik onversoenbaar?

Ongelukkig pas die mens hom aan by verkeerde denke waarmee hy voortdurend te doen kry. Hy word mettertyd gewoond aan die verkeerde denke. Later word dit selfs vir hom aanvaarbaar dat mense so dink.

’n Sprekende voorbeeld is die idee van natuurwette, waarmee ons almal groot en oud geword het. Evolusie is ook in wese ’n wet, ’n proses, wat in die natuur ingelees word.

Natuurwette

Met die Hervorming het die Christene die natuur as ’n gawe van God aan die mens gesien, wat die mens kan ondersoek, bewerk en bewaar. Dit is die kultuurmandaat. Die Hervorming het nuwe betekenis gegee aan die skepping van die wÍreld deur God en die voortreflike genade van God, wat gerig is op die wÍreld wat Hy deur sy genade gemaak het. Hierdie skepping het God gerig op die roeping van die mens, deur wie Hy sy Raadsplan met die skepping volvoer.

Natuurwetenskaplike navorsing is daarom deel van die mens se gehoorsaamheid tot sy Skepper, deur die aarde te onderwerp en daaroor te heers.

Die hedendaagse fisika het eintlik begin met Galileo (1564-1642) se studies van beweging. Dit was Newton (1642-1727) wat bewegingsleer as ’n noukeurige en eksakte wetenskap gevestig het deur sy drie bewegingswette. Sy wetenskaplike benadering en metode het die denkpatrone in die wetenskap en filosofie die daarop-volgende twee eeue oorheers. Hierdie modernistiese tydperk is vandag stadigaan besig om na ’n postmodernistiese benadering in die wetenskap en filosofie oor te gaan.

Newton se wiskundige beskrywing en veronderstellings was altyd geldend (tydloos) in karakter en kon as wette van die natuur, waarvolgens prosesse in die natuur sou verloop en waaraan alle prosesse onderhewig is, aanvaar word.

Dit was grootliks die filosofie van Descartes (1596-1650) wat gelei het tot die aanvaarding van die idee dat die mens in ’n heelal leef waarvan die werking deur natuurwette beheers word. Volgens Descartes moes ’n heelal wat deur vaste wette beheers word, deur dieselfde wette vanaf ’n ver verlede ontwikkel het na ’n nimmereindigende toekoms.

Die gevolg van hierdie natuurbeskouing vind ons in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT, 2000): ’n Natuurwet word beskryf as ’n reŽlmatigheid in die natuur of natuurverskynsels of in die verloop van natuurgebeure of onbetwiste feit(e) wat konstant in die natuur waargeneem word. Die Woordeboek gee verder die volgende aanhalings: "Daar is orde in die natuur. Alles beantwoord aan sekere natuurwette", en: "Jy hoef net na die getye te kyk, of die opeenvolging van seisoene, en dan sal jy besef hoe jou lewe deur die … natuurwette gereŽl word." Met ander woorde, ordelikheid word aan natuurwette verbind en nie aan God se skeppingsverordeninge nie.

Deur sy sondige geaardheid verhef die mens die wette, verbande en reŽlmatighede wat hy deur sy wetenskap vind, tot wette waarvolgens die natuur funksioneer. Daardeur rangeer hy God nie alleen uit sy wetenskap uit nie, maar hy rangeer God uit sy skepping uit, want die dinamika in die natuur verloop dan volgens die "wette" wat hy ontdek het. God is nie meer nodig om alles te onderhou en te bestier nie.

Daarmee word dit ’n probleem vir gelowiges om wonders, waarvan ons in die Bybel lees, te aanvaar. Ons hoor dan dikwels die argument dat God die wette van die natuur moes opgehef het om ’n wonder te laat plaasvind.

Evolusie

Die woord "evolusie" het in die biologie die betekenis van "ontstaan of totstandkoming van plant- en diersoorte, hetsy geleidelik of sprongsgewyse, uit ouer vorme". Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) verduidelik verder: "Evolusie, soos ons tans verstaan, is ’n veelomvattende begrip, daar dit die studie behels van daardie ontsaglike kompleks van natuurverskynsels wat gelei het tot die vorming en ontwikkeling van sonnestelsels en veral van diť wat die aarde insluit, asook die ontwikkeling van alle vorme van plant- en dierelewe wat op aarde voorkom." Met ander woorde, die natuurwette sorg vir ’n vooruitgaande ontwikkeling van die natuur, wat evolusie genoem word.

Die implementering van evolusieleer in skoolleerplanne beteken dat evolusie as ’n wet vir die organiese natuur in die biologiese wetenskappe ingelees moet word. Daardeur word God ook uit die biologiese natuur uitgerangeer, net soos Hy deur natuurwette uit die fisiese natuur uitgerangeer is. God kan dan nie meer geŽer word vir al die meesterlike en asemrowende mooiheid, skoonheid, wonderbaarlikheid en funksionaliteit in die biologiese wÍreld nie. Nou is dit "moeder" natuur wat dit alles voortbring, en daarvoor geŽer en gerespekteer moet word.

Dit beteken dat biologiese strukture nou in terme van die evolusionistie-se denkwyse geskryf gaan word en nie meer in ’n skeppingsdenke nie. Skoolboeke in die Natuurwetenskappe en alle ander skoolboeke (ook menswetenskappe) sal oorgeskryf moet word in die filosofiese denkraam van die evolusieleer.

Die kultuurmandaat

In die Middeleeue was die denke gerig op die mens se gees en sy verbintenis tot God, en nie tot die wÍreld waarin die mens leef nie. Daarom was mense slegs geroep tot die priestersamp. Ander werk was vir die voortbestaan en in die belang van die kerk gedoen.

Met die Hervorming het die kultuurmandaat weer sy betekenis gekry en het Christene hulle geroepe gesien om alle beroepe te beoefen. Daarom kon Kepler, die bekende Duitse sterrekundige, die volgende bid: "Ek dank u, Skepper en Here, dat U my hierdie vreugde in u skepping, hierdie genot in die werke van u hande, geskenk het. Ek het die heerlikheid van u werke aan die mense bekend gemaak vir sover my eindige gees u oneindigheid kon verstaan. As ek iets gesÍ het wat U onwaardig was, of as ek eie eer mag gesoek het, vergeef my dit dan tog genadiglik."

Die leerstof moet op skool volgens Bybelse norme aangebied word, tot eer en verheerliking van die Skepper van hemel en aarde. Leerders moet steeds bewus wees dat hulle na die beeld van God geskape is, elkeen met ’n roeping, ’n mandaat om te heers en te bewaar volgens die talente wat God aan hom/haar gegee het. In Genesis 1:26 word die twee kernbegrippe van "heers" en "beeld" met mekaar verbind. God Drie-enig het die mens, man en vrou, as beeld van God geskape. Alle dele van hierdie en opvolgende verse is gerig op hierdie twee kernbegrippe. Dit plaas ’n dure plig op elkeen om sy hele lewe te rig tot uitvoering van sy lewenstaak, wat veel meer is as die beoefening van ’n beroep.

Opvoeding moet daarom in sy totaliteit roepingsgerig en taak-gerig wees. Daarom is opvoeding vanuit die Woord van God roepingsgerig, taakgerig en normgerig.

Aanvaarding van die evolusieleer in skoolleerplanne plaas opvoeding in ’n geheel en al ander lewensdenke.