'n Paar navorsing idees wat behulpsaam kan wees met die opsporing van familie.
DOOPGETUIES
Peetouers en ander getuies wat by die doop aangeteken is.
Dit was die gebruik by Afrikaner families om heelwat getuies te laat
inskryf in die doopregister as getuies by die doop. Tot soveel as agt
name verskyn in die doopregisters. Hierdie mense was gewoonlik familie
op een of ander manier; hulle kon ouers, broers, susters of skoonfamilie
gewees het. Wanneer 'n naam in 'n register gevind word is dit net so
belangrik om die doopgetuies se name neer te skryf aangesien hulle
addisionele leidrade is om die persoon se familie verband te bevestig
en is sodoende amper net so belangrik soos die ouers se name.
BENAMING STELSEL
Suid Afrika se naam stelsel vir hulle kinders.
Wanneer 'n mens na die ouers van 'n persoon soek is dit handig om die
name te hê van al die kinders. Die benaming van die kinders het
dieselfde patroon gevolg met min uitsonderings:
Eerste seun - vernoem na die oupa aan vaderskant
Tweede seun - vernoem na die oupa aan moederskant
Derde seun - vernoem na die vader
Eerste dogter - vernoem na die ouma aan moederskant
Tweede dogter - vernoem na die ouma aan vaderskant
Derde dogter - vernoem na die moeder
Vanaf die vierde seun en dogter - Gewoonlik vernoem na broers en susters om die beurt
| Datum Laas Opdateer: | 16 Augustus 1999 |
| Datum Oorspronklik Gepubliseer: | 15 Augustus 1999 |
Kopiereg - Eerstens, die nodige erkenning word gegee vanwaar inligting verkry is. Indien enige persoon beswaar het oor die inhoud wat op hierdie bladsye aangetoon is, moet hy asseblief in verbinding tree met die skrywer. Tweedens, magtiging word verleen aan enigeen om die inligting op die bladsye te gebruik vir nie-winsgwende oogmerke.