Hoeveelheid Bothas in SA
Afkortings Gebruik
Boeke Nagevors
Genealogiese Numering Stelsel
Kinders van Botha Dames
GENEALOGIE - Die Register wat die BOTHA FAMILIESTAMBOME aantoon.
HOEVEELHEID BOTHAs IN SA
Sedert die vroeë twintigste eeu het die "mees algemene"
vanne redelik konstant gebly in terme van die persentasie naamdraers. Die
mees algemene van in Suid Afrika is Jacobs, gevolg deur Botha en dan
Smith en Van der Merwe. Volgens die 1970 sensus was die hoeveelhede:
Jacobs 95 000 Botha 90 000 Smith 85 000 Van der Merwe 75 000
Gaan terug boontoe
AFKORTINGS GEBRUIK
| D&P | Geslagsregisters van die ou Kaapse Families deur de Villiers & Pama |
| GAN | Genealogieë van die Afrikaner Families in Natal deur B. Cilliers |
| H&L | Suid-Afrikaanse Geslagsregisters deur Heese & Lombard |
| ~ | Gedoop |
| * | Gebore |
| x | Getroud |
| † | Datum van Afsterwe |
| c. | circa of ongeveer |
| sv | seun van |
| dv | dogter van |
Gaan terug boontoe
BOEKE NAGEVORS
Gaan terug boontoe
GENEALOGIESE NUMERING STELSEL
Die numering stelsel wat gebruik word is die een wat mees algemeen in Suid
Afrika voorkom. Die stamvader van 'n gesin word die nommer "a"
gegee, alhoewel die nommer nie sommer sal voorkom as daar net een stamvader
van 'n besondere van na Suid Afrika gekom het nie. Waar twee of meer
mense met dieselfde van hierheen gekom het, word hulle nommers toegeken
volgens datum van aankoms. Dus, Friedrich Both het die nommer a1 en
Samuel Friedrich Bode is a2.
Aan die kinders word die nommer "b" toegeken en hulle volgorde van geboorte bepaal hulle orde, die oudste sal "b1", die tweede oudste sal "b2" wees en so voorts. Die kleinkinders sal "c" wees en dieselfde stelsel geld weer vir die geboorte volgorde van hulle kinders. Die agterkleinkinders sal "d" wees en so gaan die stelsel aan.
Die numering stelsel vir die dogters volg die reëls soos bo aangeteken. Hulle kinders word volgens die manlike orde genommer. Dit is daarom dat die moeder se Genealogiese Verwysing verskillend is van haar kinders s'n.
Gaan terug boontoe
KINDERS VAN BOTHA DAMES
Wanneer die inligting bekom kon word, word die kinders van Botha dogters
ook aangetoon alhoewel hulle getroude vanne nie Botha is nie. Die ouers van hulle gades word ook aangetoon, indien beskikbaar.
Gaan terug boontoe
GENEALOGIE
Die Register bladsye is deur "GED2WWW version 0.31" gemaak.
BOTHA REGISTER - 15 140 Individue van beide stamvaders
- Hierdie afdeling sal ongeveer een keer per jaar opdateer word, so besoek gerus weer.
- Baie dankie aan al die bydraers.
Voorouers van skrywer se kinders - 1 544 Individue
Gaan terug boontoe
| Datum Laas Opdateer: | 27 Desember 2009 |
| Datum Oorspronklik Gepubliseer: | 15 Augustus 1999 |
Kopiereg - Eerstens, die nodige erkenning word gegee vanwaar inligting verkry is. Indien enige persoon beswaar het oor die inhoud wat op hierdie bladsye aangetoon is, moet hy asseblief in verbinding tree met die skrywer. Tweedens, magtiging word verleen aan enigeen om die inligting op die bladsye te gebruik vir nie-winsgwende oogmerke.