BOTHA in Suidelike Afrika

INTERNETBLADSY SAMESTELLING

TUISBLAD
MENSE & GESKIEDENIS | Oorsprong | Vroeë Geskiedenis in SA | Afstammelinge | Belangrike Bothas | Voorouers |
AFSTAMMING IN ANDER LANDE | Skandinawië | Transylvania | Skotland | Nederland | Amerika |
BOTHA POTPOURRI | Familiewapen | Botha Bond | Besonderse Benamings |
ALGEMENE INLIGTING | Eie Navorsing | Navorsing Idees | Skakels | Internetbladsy Samestelling |

My ondervinding hoe om dit te doen.

Indien jy dit op die "ou manier" wil doen, lees dan verder.

Die eerste vraag wat na vore tree is - Hoe doen ek dit ? En, die antwoord is baie eenvoudig - Gaan na "Notepad" op jou rekenaar en begin om HTML kode te skryf (tik). "Notepad" word gevind onder die "Accessories" gedeelte in "Windows".

Die volgende vraag is - "Waar kry ek hierdie HTML Kode ?"

Die internet loop oor van informasie oor hoe om HTML te skryf. Soek op jou rondblaaier vir "html codes" en baie webwerf adresse sal verskyn om jou van hulp te wees.

Ek het die beste studie stuk oor die onderwerp gevind by NCSA. Gaan na die webwerf en werk deur die items aangetoon.

Die volgende stap sal wees om jou eie webwerf te beplan. Maak 'n lêergids oop in jou "C" dryf genaamd "Web Blad" of iets dergeliks. 'n Ondergeskikte lêergids behoort ook oopgemaak te word vir elkeen van jou internetbladsye wat gekoppel is aan jou tuisblad. Die name wat gegee word aan hierdie ondergeskikte lêergidse behoort die inhoud van die bladsye te weerspieël. In elk van die gidse moet die lêers gestoor word wat van toepassing is op die besondere internetbladsy. ONTHOU om die HTML kode wat jy geskryf het te stoor met 'n HTM of HTML uitbreiding.

Onthou net dat nie alle deurblaaiers "Microsoft FrontPage" kan lees nie.

Om te sien wat jy geskryf of ontwerp het, kliek net twee keer op die lêer naam onder "Explorer" in jou "Windows" program en die bladsy sal opkom soos hy op die Internet sal verskyn. Wees net versigtig omdat verskillende deurblaaiers die kodes verskillend interpreteer. Gaan jou kodes gereeld na deur gebruik te maak van 'n program wat HTML staaf. Ek het CSE HTML Validator Lite v1.00 gebruik.

'n Belangrike wenk is om te sien hoe ander mense hulle bladsye geskryf het. Gaan na "View" op jou deurblaaier en kliek op "Source". Die venster wat dan opkom sal aantoon hoe hulle die HTML kodes gebruik het.

Die meeste soekprogramme gebruik nou "meta tags" in die "head" gedeelte van jou bladsy. Die minimum vereistes is 'n kort beskrywing en 'n paar sleutel woorde wat jou bladsy beskryf. VirtualPROMOTE beskryf die grondslag van "meta tags" baie goed.

Ek het die volgende webwerwe uitstekend gevind in my pogings:

'n Webwerf wat vol uitsonderlike wenke is en DEFINITIEF GELEES moet word is:
         Toolbox Button Cyndi's Genealogy Home Page Construction Kit

Net voor jy publiseer en indien jy dit nodig ag, dan;

Jy behoort nou gereed te wees om die inligting oor te plaas na jou diensverskaffer toe.

Verkry 'n Lêeroordragprotokolprogram en plaas die inligting oor na jou diensverskaffer.

Help my asseblief:
Indien jy enige foutiewe skakels ontdek, laat asseblief die Webmeester weet.



Stuur asseblief enige inligting, kommentaar of voorstelle aan die adresse soos aangetoon op die TUISBLAD.

Datum Laas Opdateer: 10 September 2002
Datum Oorspronklik Gepubliseer: 15 Augustus 1999

Kopiereg - Eerstens, die nodige erkenning word gegee vanwaar inligting verkry is. Indien enige persoon beswaar het oor die inhoud wat op hierdie bladsye aangetoon is, moet hy asseblief in verbinding tree met die skrywer. Tweedens, magtiging word verleen aan enigeen om die inligting op die bladsye te gebruik vir nie-winsgwende oogmerke.