Is hierdie 'n moontlike begin van 'n familie bond ?
Na my wete is daar geen amptelike Botha familie organisasie in Suid Afrika nie. Ek weet ook nie of daar 'n nodigheid of bestaansreg vir so 'n organisasie is nie.
Ek sou verwag dat so 'n organisasie die volgende doelwitte sou hê:
1. Organisasie of beheer van die Familie Genealogie.Indien so 'n liggaam bestaan, kan enige persoon my asseblief daarvan in kennis stel.
2. Organisasie of beheer van die Familie Geskiedenis.
3. Hantering van Familie byeenkomste
4. Enige ander sake wat so 'n liggaam na omsien.
Indien daar enige belangstelling is in die daarstelling van so 'n vereniging, kan u my asseblief in kennis stel by enige van die adresse hieronder aangetoon.
| Datum Laas Opdateer: | 16 Augustus 1999 |
| Datum Oorspronklik Gepubliseer: | 15 Augustus 1999 |
Kopiereg - Eerstens, die nodige erkenning word gegee vanwaar inligting verkry is. Indien enige persoon beswaar het oor die inhoud wat op hierdie bladsye aangetoon is, moet hy asseblief in verbinding tree met die skrywer. Tweedens, magtiging word verleen aan enigeen om die inligting op die bladsye te gebruik vir nie-winsgwende oogmerke.