Steve Savage het tot einde
Junie 2001 baskitaar,
harmonica (bekfluit) en backing vocals vir die Brixton Moord & Roof
Orkes gedoen.
Sy musikale loopbaan het in die vroeë 1990s
begin as baskitaarspeler vir bands soos Mind Astray en Sundogs. Hulle het gereeld in
Johannesburg by plekke soos die eertydse Wings Beat Bar opgetree. Mind Astray het in 1995
'n album opgeneem waarvan Willem Moller die produksie behartig het. Hulle het tweede gekom
in daardie jaar se "Battle of the Bands" kompetisie.
Toe beide die bands ontbind het hy vir 'n
paar jaar gerus en eers in die laat 1990s weer saam met Cobus Rossouw die band Shark
Brother op die been gebring.
Hy het aan die einde van
2000 by die Brixton Moord & Roof Orkes aangesluit, maar sy day job
as geoloog het hom ongelukkig Zambië toe geneem.
Sy plek is deur Drikus
(Brixton) Barnard ingeneem.

Foto: Dicky Els