Die Brixton Moord & Roof
Orkes se eerste CD, "Spergebied", is onlangs vrygestel. Twaalf
van die band se gewildste songs is op die CD. Dis deur Paul Riekert
produce en word deur Rhythm Records versprei.
Bestel
"Spergebied" by Bowline
of Oneworld.co.za,
of kontak Rhythm Records by (021) 919-8642 as jy sukkel om dit in die
hande te kry.
By Oneworld kan jy
ook mp3's met uittreksels van die eerste drie songs op die CD download.

Download 'n
gedeelte van "Brixton-dae" en "Geraamtes in jou kas"
by SAmp3.com. Hier is ook verniet mp3's van ander Suid-Afrikaanse
rockers, soos Diff-Olie, Piet Botha en Koos Kombuis.
Lees resensies van
"Spergebied" in Insig, SA Rock Digest,
iafrica.com en Pretoria
News.