home.gif (2506 bytes)

lirieke.gif (3182 bytes)

downloads.gif (2842 bytes)

gigs.bmp (5578 bytes)

pressr.gif (4556 bytes)

links.gif (2894 bytes)

Home Lirieke CD's Gigs Press Links

 

Toast Coetzer reviews 'Spergebied" for SL Magazine, December 2002/January 2003:

Firmly in the middle of the new wave of Afrikaans rock bands, BMRO plays driving folk rock - kind of like Koos du Plessis had he ever heard Nirvana. Yes, they're really from Brixton, and with the bearded Andries Bezuidenhout at the helm and the eclectric Esme Eva Kwaad as occasional sidekick, they're becoming a live act to be reckoned with. Their debut album is uncomplicated in sound an filled with great songs (good lyrics is one of their hallmarks) about women, drinking, Jo'burg, yuppies, road rage and life in general. 'Brixton-dae' is a classic already, with our heroes waiting for 'beter dae, want vandag was kak.' 'Geen Land' looks beyond SA's kak and crime to possible saviours, while 'Dronk Op Jou Eie' explores the familiar beauty of getting drunk on your own: 'Ek wil hurk in die gorrel van 'n bottel/ Ek wil skuil in die stilte tussen teue.' On the whole, music that will make you feel better the moring after you did something reprehensible.

Toast Coetzer se resensie van "Spergebied" vir iafrica.com. Hy gee die CD 4 uit 5:

Brixton Moord & Roof Orkes
"Spergebied"
By Toast Coetzer

As suggested by their name, this threesome of Brixton Barnard (bass), Moord Greeff (drums, djembe etc) and Roof Bezuidenhout (guitar, vocals), hails from the grey cement in the shade of Jo’burg’s finest telecommunication tower. Actually, since the recording of this album they’ve become a foursome, with Kapelaan Pat Plank (lead guitar) joining their dodgy ranks.

It’s in this format that I saw them play in Oudtshoorn recently – they were even joined by Karla du Plessis (daugther of Koos, yes) for a song or two. BMRO’s sound is their own, yet at the same time coming from a strong folkrock tradition within Afrikaans. Their earliest influence is probably the very same Koos du Plessis, with their lyrics (mostly by Bezuidenhout, but also Barnard & Greeff) echoing his themes of loneliness in an overdeveloped world. The production, by Paul Riekert, is uncomplicated, putting the voice upfront with the mostly unaffected instruments just a step behind.

Bezuidenhout’s got a nice gravelly voice, always sounding like he’s holding back, but used to very good effect on the classic track ‘Brixton-Dae’ (with the chorus “ons wag vir beter dae…/ want vandag was kak”) and the heavier ‘Road Rage’. Their subject matter is the ordinary of life – drinking, traffic, crime (and they’ve all got hectic crime stories to tell), yuppies, the city, the chase after money, (not) leaving for overseas and a little bit of women – but their lyrics are so brilliant that they constantly provide new insights.

Take ‘Inkvis’, a search for something pretty in a city where even the swimming pools are filled up with rubbish: “Niks is meer heilig, hulle’t alles gestop/ Melville se swembad vol rubble geprop”. And the poor man’s blues of ‘Sewe Rand vir die Maand’: “In die oggend knoop jy nog trots aan jou das/ Maar daar’s ‘n jogurtvlek op die punt wat jou verras.”

While the BMRO has only recently ventured into the Cape for some gigs, you should make a mission to see them if you’re in the Gauteng area. Or check them at Oppikoppi - they’re sure to feature. While they played an early set at this year’s Kaktus op die Vlaktes, one can be sure that this rough bunch will slowly move up the ladder, even if this means they’ll have to drink everyone to death on the way.

The CD cover art is also very good – always nice to see people making the extra mission to get their product out in good shape. They might have called their album ‘Spergebied’, but this release should open up their world to many new listeners, and that’s a good thing too.

(Rhythm Records)

Toast Coetzer review Kaktus op die Vlaktes in Die Burger, Maart 2002.

"Jonges laat rock-vlam brand"
TOAST COETZER
       
OUDTSHOORN. - Gian Groen van Spinnekop se kitaar is stukkend. Maar hy't dit nie gebreek nie. Dis daai Karen Zoid-girl, wat eergisteraand hier die skare by Kaktus op die Vlaktes-konsert rasend van plesier gehad het toe sy in die doodsnikke van haar treffer "Afrikaners is plesierig" die kitaar met so vier of vyf slae teen die verhoog aan stukke geslaan het.

Reeds lank voor Zoid se optrede was dit duidelik dat vanjaar se Kaktus-eksperiment - geen groot name soos Koos Kombuis, Anton Goosen, Valiant Swart of Piet Botha is genooi nie - 'n sukses was. Die organiseerder, Dirk Uys, het baie gewaag, maar die rock-aanhangers het in hul hordes opgeruk en 'n nuwe fase vir Suid-Afrikaanse rockmusiek ingelui.

Groepe soos Beeskraal, Spinnekop en Akkedis (die tweelettergreep-brigade) is oor die afgelope twee tot drie jaar opgebou tot 'n nuwe generasie sterre, en hulle het dié verantwoordelikheid met die styl en professionalisme van gesoute rockers aangeneem.

En dis 'n siklus wat herhaal sal word, want met groepe soos die Brixton-Moord-en-Roof-orkes (BMRO), Diff-Olie, Anika en Scicoustic, lyk die toekoms van Kaktus groen - graspers-groen.

Die BMRO het reeds teen vieruur die middag die sittende skare met tenks en grofgeskut probeer intimideer - hierdie manne het 'n paar skitterende liedjies. Ook Diff-Olie, en veral die skitterende nommer "Rock Pop", gaan nog baie gehoor word.

Tussendeur die oorwegend Afrikaanse rock het die Kaapse funkmeesters, Sons of Trout, vir 'n skitterende optrede gesorg en selfs die skare getrakteer op hul ou treffer "Getting Hotter", wat hulle deesdae maar min speel.

Kaktus het 'n paar jaar gelede van Brasse Vannie Kaap sterre gemaak, en dit was verblydend om te sien hoe hulle ná 'n paar onbevredigende vertonings die afgelope twee weke met gemak tot die hoogste versnelling oorgeslaan het.

Die Brasse het selfs twee nuwe liedjies uitgevoer - een was die skitterende "Oubaas se honne", wat regoor die rugbyveld die jong skare se hande in die lug gekry het. Ook MC Judah pas met elke vertoning beter in by Mr Fat en Ready D se manewales.

Maar Karen Zoid het die wedstryd beklink. Dit kos net dertig sekondes se luister na Zoid voor jy meegesleur word deur haar fenomenale talent as sanger en verhoogkunstenaar. Houding is nie te koop by die apteek nie, selfs nie op voorskrif nie.

Dit gebeur min dat iemand 'n kitaar stukkend slaan op 'n Suid-Afrikaanse verhoog - dis nie dat ons kitaarslaners nie die wil het nie, dis bloot net te duur om af en toe jou instrument te vernietig. Maar Zoid s'n was gepas vir die geleentheid. Sy't dit selfs agterna aan die brand gesteek. 'n "Hoera!" is in orde, menere.

Ná Zoid het Not My Dog die geraasvlakke laat styg, en al die kopswaaiers in die gehoor op 'n woeste ritme laat saambons. Hoogtepunte was die jazzerige "Here Comes The Dog" en die immergroen "Safari Music".

Dis aan Akkedis (die rofste tweelettergreep-band hier teenwoordig) oorgelaat om die pyn en lyding te volbring, en hoewel die skare teen die tyd al uitgedun was deur die koue, Not-My-Dog-oorpyn en die bier-faktor, het hul hardegat-weergawe van "Sweet Stellenganga" die hitte terug in die longe geblaas.

Soos verwag kan word, was daar enkele drankverwante voorvalle - 'n paar blikkies is gegooi, iets wat gou in die kiem gesmoor is deur die polisie, wat 'n sterk teenwoordigheid gehandhaaf het.

Hoewel Suid-Afrikaanse rock die leemte wat deur die Springbok Nude Girls gelaat is, vir nog 'n lang ruk gaan voel, is die talent wat hier vertoon is, bemoedigend. Daar's duidelik baie liedjieskrywers wat goeie lirieke skryf - ons wag dalk nog net vir iemand om met iets soos "Blue Eyes" vorendag te kom.

Volgende jaar moet Kobus! dalk hier optree, dan sal julle 'n ding sien.

 

Terug na "Wat sê die Media..."

Volgende artikel...

Mail die Brixton Moord & Roof Orkes

Home

Brixton Moord Roof Pat

CD's

Lirieke

Gigs

Press

Links