Op 1 Januarie 2001, neem
Moord inventaris: een kat, twee honde en 'n TV stel. Sy pittbull, vind
hy, het hom waarlik lief. Hy is 'n oulike outjie en sy ma-hulle is goeie
mense. Mens moet maar net luister na wat ander te sê het oor die
kêreltjie:
"Gmf..." (Fris
kêrel in T-hemp)
"Jy's myne..."
(Blondine in onderrok)
"Maar my jinne,
meneer!" (Verpleegster tydens skeer van pubis-area voor
liesbreukoperasie)
"Ai, my kind."
(Ma)








Kiekies: Moord
(Ockert (Moord) Greeff is die band se drummer.
Een van sy grootste drome is om vir Lisa Forward te ontmoet.
Sy loopbaan as tromspeler strek terug tot die
kadetorkes van Upington se hoërskool - serious.
In die laat 1990s begin hy om saam met local
kunstenaars in die Abelarde Sanction op sy Djembi trom te speel - onder andere Liela
Groenewald, Andries Bezuidenhout, Shark Brother en Danny Babato.
Op die oomblik speel hy
eksklusief vir die Brixton Moord & Roof Orkes op sy TAMA ROCKSTAR
tromstel.)