|
|
AS DIE JUPPIES JODEL
Jou program vir elke dag
is uitgewerk vir gemak
en jy trap jou spore diep
idees vir verbruik verpak
jou oë kyk na vore
beplan die dag van môre
Refrein:
Jy eet drie borde
ambisie vir brekfis
Daars ray-bans voor jou oë
aktetas in jou hand
kantoor hoog in 'n toring
bankbestuurder aan jou kant
jou kar is blink, baie flink
'n CV vol sukses wat wink
Refrein
Ek sien jou in 'n straatkafee
nuutste kliënt wat jou verveel
maar jy praat en jy scheme, neem maar deel
want daar dollars, ponde, nooit te veel
vir 'n man soos jy wat in Melville bly
wat nooit genoeg van alles kry
Refrein
En jy spoel dit af met 'n glas gewete
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Hierdie een gaan oor
geld- en statusgierigheid. Sorry vir die ouens wat in Melville bly. Niks persoonliks nie. |
Back to top |
|
|
ASYN
'n
Paraffienlamp brand in jou
kamer
langs 'n spieël met 'n houtraam
sewe duiwels dans om jou voete
en 'n swerm eilandvoëls in jou naam
Refrein:
maar jy kyk ver en verby
na wat ander vermy
Daar's 'n skeermeslem op jou
tafel
en 'n bottelnek in jou keel
'n strokiesprent lag van onder jou tong
en 'n stormwind waai deur jou are, jong
Refrein
Dis net vir jou wat jou bed in die lug hang
dis net jy wat daai kleure sien
vir ander lyk dit maar grys en kaal
en dis hulle wat jou wil kom haal
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |

Enige band met selfrespek moet 'n song
oor drugs hê.
|
Back
to top
|
|
BRIXTON DAE
Hoor die seine van die
Brixtontoring
Volg die ritme van die honde wat blaf
Bingo in Highstraat, junkies wat lag
Maar ons sit tevrede by die Abelarde en wag
(vir) beter dae, vir beter dae,
vir beter dae, want vandag was kak
Hoor die sirenes wan een nul
trippel een
Hoor die skote in Westbury klap
Die sente van n bedelaar, die rande van n pusher
Koop nie die vrede wat ons almal voor wag
Soos al die dae, soos al die
dae,
Soos al die dae was vandag maar kak
Ek hoor daars n kraak in die watertoring
Maar Ketso gee ons geld vir die Wêreldbank
Nie n boom in sig in downtown Brixton
Wat wil white trash nou met koelte maak?
(Gee my) beter dae, beter
dae,
beter dae, want vandag was kak
Gee jou hart vir Hillbrow, sy skop jou in die gat
Melville gee jou sooibrand en Rosebank steel jou geld
Yeoville is te hectic en Orangegrove te ver
Maar in Brixton wag ons in die local bar
(vir) beter dae, vir beter
dae
beter dae, want vandag was kak
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Een oor Brixton en
die
local bar. "Geraas" was so gaaf om 'n video van hierdie een te maak en om 'n
onderhoud met die band te voer. Hulle probeer kommentaar lewer op hoe woonbuurtes simbole word
van sosiale tendense. Hillbrow was 'n simbool van bevryding vir die "Voëlvry"
beweging. Nou is dit 'n simbool van iets heeltemal anders. Waarvoor moet ons ons harte nou
gee? |
Back
to top
|
|
CITY OF GOLD AND GUNS
You duck and you dive,
be careful how you drive
Gearlocks, alarms,
and the nifty fire blaster
The red light means go,
the orange means go faster
Watch out for the taxi,
fear is your master
In the city of gold and guns
Trust nobody
In the city of gold and guns
Gun in your back,
a knife to your throat
Suburb or township
were all in the same boat
Blame it on apartheid,
blame it on the thieves
The syndicates are all
in cohoots with the police
In the city of gold and guns
Hey, I'm legal wise
In the city of gold and guns
Semigrate to Cape Town
or pack for Perth
An expat too scared
for the land of your birth
The walls go higher
while the poor go hungry
But bobbies on the beat
watch the street while you eat
In the city of gold and guns
Because you're not paranoid,
Doesn't mean they're not out to get you
In the city of gold and guns...
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Die band
se enigste Engelse
een. Oor die bumper stickers wat 'n mens hier in Johannesburg sien. |
Back to top |
|
DIE RITME VAN CHAOS
Voor my is 'n teerpad
onder my voete gly die wit strepe stadig verby
Ek balanseer my, balanseer my
op die middel, die middel van my weg
'n Padbordjie sê daar's 'n afdraai voor: die afdraaipad na Afrika
maar dis 'n stofpad, 'n grondpad,
'n pad met baie klippe
'n kronkelpad, 'n harde pad,
'n pad met baie stampe
en die tromme hou die ritme
die tromme hou die ritme... van chaos
Refrein:
En die vroue vra:
is Afrika se nagte dan soveel donkerder
as dié van ander kontinente?
skyn Afrika se son dan soveel skerper
as dié van ander kontinente?
Alpha en Beta Centauri:
vlammende inferno en die Suiderkruis
gekruisig in die naglug
ek balanseer my, balanseer my
op die middel van my weg
'n Padbordjie sê die afdraai
is naby:
die afdraaipad na Afrika
maar dis 'n stofpad, 'n grondpad,
'n pad met baie klippe
'n kronkelpad, 'n harde pad,
'n pad met baie stampe
en die tromme hou die ritme, die tromme hou die ritme van chaos
Refrein
En die afdraai is 'n hartklop
maar die ritme laat my vrees
die afdraai is 'n wete
iets onstuimig in my gees
En my hartklop hou die ritme,
my hartklop hou die ritme van chaos
my hartklop probeer maar om die ritme te hou, ritme te hou van chaos
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Een oor white fears...
Moord doen gewoonlik 'n wilde drumsolo op hierdie een om die punt oor komplekse ritmes te
illustreer. |
Back
to top |
|
DIE WOONSTELLIEDJIE
Ek hou my liggaam aan die gang
met rooiworsies en bier,
hamburgerpatties en whiskey,
rooiwyn en breadrolls
In die aande luister ek Pink
Floyd
en na die motors in Duncanstraat
tydens beter buie na Valiant Swart
en soms selfs na Mary Poppins
Refrein:
Maar daar's wind in my hare
en die son spuit deur my are
en ek retreat, ek retreat
op 'n African beat
Ek sit saam met jou in 'n
coffee shop
loer skelm na die girl met die swart bob
jy sê jy't reeds vergeet
van die familiefoto op die kaggel
Ek hou nie van die juppies in
Hatfield nie
en ek hou nie van die snobs van Waterkloof nie
maar ek hou van die ruik
van my stof en storm subkontinent
Refrein
En al wat vir my oorbly
is my woonstel op die kafee,
die platespeler en die bad,
my kitaar en soms jy...
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Een oor sorgelose
studentejare wanneer 'n mens van seks en feminisme leer. |
Back
to top |
|
DIS WINTER
Jy sit vanoggend met
sweet in jou hemp
die vel span wit om jou gesig
ja, loer maar in die spieël vir vandag se grap
met daardie stoppelbaard wat alweer so krap
Refrein:
Dis winter, weet jy dan nie
dis winter, weet jy dan nie
dis winter, weet jy dit dan nie?
Jy vergiftig jouself met'n
groot pot tee
wat met elke koppie swarter verkleur
die nagter word ook kouer en donkerder
so sonder suiker en melk
Refrein
Jy is besig om jou dae te verklee
met kaftans waaronder niks meer gebeur
die kringe om jou oë word blouer
soos die lewe uitpeul en verwelk
jy drink 'n laaste sluk en draai jou serp om jou masker te bedek
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |

Sommer net 'n depro een. |
Back to
top |
|
DRONK OP JOU EIE
Refrein:
Daar's meriete in dronkword op jou eie
Met 'n bottel en net een glas
Daar's meriete in dronkword op jou eie
Is jy seker van die smaak van jou pyn
Weet jy hoe proe jou pyn
Hoog die glas - jou gewete lag sag
Haar mond was rond - die vorm van 'n wond
Skel skyn die lig van my
kombuis
Alles is stil net die yskas wat suis
My voete word kouer maar my kop kry warm
As die druppels langs my mond nog talm
Refrein
Ek wil hurk in die gorrel van
die bottel
Ek wil skuil in die stilte tussen teue
Maar ek leef in spasie tussen bottels
Soos my huis van vrede in die storms verweer
Refrein
Kyk, die son val in druppels
af teen my bors
Buite reën die blare, maar ek bly dors
Laat die oggend maar reën en die nag vergaan
Dit is 'n bottel waarop my huisie staan
Refrein
Liriek:
© Ockert Greeff |
Moord het hierdie een
geskryf. Die woorde sê alles... |
Back to top |
|
(FOKUS) DEUR 'n DONKERBRIL
Dis somer in Pretoria, die
son skyn skerp
YSKOR gloei 'n hoogoond teen die skemer
Dis weer somer in Pretoria, die son skyn te skerp
Teen die lense wat ek dra voor my oë...
Ek kyk na die wêreld
deur 'n donkerbril
dis al wat ek kan doen om te keer
om die werklikheid te sensor, te bestuur, te beheer
want die beelde skyn te skerp vir my X3
Die staatsdiensgeboue
staan soos leggerkabinette
En wag vir die volgende dag se nuwe wette
En ek sit in my volla en wag vir die lig
Wat sê ek kan aangaan met my daaglikse plig
Ek kyk deur die walms met 'n donkerbril
dis al wat ek kan doen in verkeer
om die werklikheid te sensor, te bestuur, te beheer
want die ligte skyn te skerp vir my
Ek sien boeke en stoele en
penne en 'n baas
wat my dophou oor sy bril en wag om te raas
en ek wag vir teetyd en vir tjailatyd
want dis al hoe ek oorleef in die roetinestryd
Ek kyk na die wêreld
deur 'n kameralens
fokus in en verklein
ek fokus in skadus van swart en wit
want die beelde is te helder vir my
Ek kyk na die wêreld deur 'n
donkerbril
dis al wat ek kan doen om te keer
om die werklikheid te sensor, te bestuur, te beheer
want die beelde skyn te skerp vir my
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |

Een vir die burokrate in Pretoria.
Etienne le Roux het gesê hy dra 'n donkerbril, want die werklikheid is te helder. |
Back
to top |
|
|
FORTUINVERTELLER
Jy nooi my na
binne - na jou donker karavaan
Met die reuke van wierook trek jy my aan
Kan die rinkel van juwele my vir ‘n oomblik laat rus?
Die swaai van jou heupe my stadig, stadig sus?
Refrein:
Jy sê jy sien die toekoms, jy kan dit duidelik lees
Kaarte en kristalle sê wat die uitkoms kan wees
Ek gee jou my palm, jy lees my lewenslyn
Maar, weet jy, my verlede het lankal verdwyn
Hierdie woorde en sinne het ek iewers geërf
Maar die taal wat ek praat, het lank terug gesterf
Ek het eendag vergeet waar kom ek vandaan
Waar my huis is, my land is, of die klank van my naam
Ek sit my voete
op jou kussing met my kop agteroor
Soek ‘n antwoord in die donker spirale van jou oë
Jou vingers streel my saggies, steel die spanning uit my lyf
Jou parfuum en droeë blare laat my tydelik wegdryf
Refrein
Die son kom op,
dis môre, alles is verklaar
My lewenslyn gebroke, my kaarte deurmekaar
Ek vat die pad, soos altyd, soek kos en ‘n dop
Vir ‘n oomblik nog bedwelm teen die duiwels in my kop
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Hierdie een gaan maar oor
iemand se soeke na identiteit. Op die ou end kry ons dit dalk waar ons op
die oomblik is, eerder as in die verlede of die toekoms. |
Back
to top |
|
GEEN LAND
Daar is geen land, so
ver of woes geleë
Land van vrede, land van vrees
Land van rykdom, land verwees,
Land van dood en land van hoop
Land waar kinders deur rommel loop
Refrein:
Ons dans tussen soekligte en doringdraad
Drink en juig tot die daeraad
Pille vir depressie, wyn vir die pyn
Ons hoop op vrede, maar ons wag op die kaptein
Daar is geen land, so ver
of woes geleë
Land van liefde land van haat
Land van waagmoed en verraad
Shopping malls en polisiestasies
Land wat baie offers vra
Refrein
En as die vliegtuig eindelik
land
Jou paspoort stewig in jou hand
'n Nuwe land met 'n nuwe lewe
Dink aan ons soos 'n slegte gewete
Waar ons
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Hierdie een dra
die band gewoonlik op aan al die jong wit Suid-Afrikaners in London, New York en Perth. Jy ken
hulle uit aan hulle Trailbusters met die rooi skoenveters, soos op die Castle ad met Toto
in New York. |
Back to
top |
|
DIE GERAAMTES IN JOU KAS
'n Hand kom deur jou
venster
en jou gloeilamp is 'n oog wat loer,
jou plafon bult in van bo af
en naels krap van onder jou vloer...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel
Die klere vroetel rond in
jou trommel
en jou stewels dans in die kas
jou rugsak het begin oopgaan
en grynslag saam met jou jas...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel
Jy onthou die stof
van 'n township se strate
en die haat in die oë
aan die end van jou geweer...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel (x2),
Jy onthou die vure
en die wiele van 'n Casspir
en die reuk van brandende rubber
deur die neus van jou gasmasker...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas het begin kriewel (x2)
So, trek jou hoed oor jou oë
vir Sharpeville en vir Ventersdorp
en swaai aan jou droom
sodat jou skoene nooit nat word
van die modder op die grond
hier en daar gemeng met bloed...
want jy weet, jy weet:
die geraamtes in jou kas sal aanhou kriewel,
die geraamtes in jou kas sal ewig kriewel
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |

Vir dié nog in die army was, en wat
wakker lê in die nagte oor dinge wat hulle gedoen het... |
Back to
top |
|
|
GOUD IN MY BRANDY EN COKE
Sewe
maal sewe, voetpaadjies vol skewe stene
‘n Barmhartige dors in my gene
‘n Potsierlike pouveer in my oupa se hoed
Die mooiste tieroog is steeds soek
Op
my tong is daar skimmel wat wag op die reën
Ek suig reeds van vroegoggend aan brandewyn se speen
Nog net ‘n paar teue van my brandewynglas
Dan is daar ‘n woud waar die skimmel was
Refrein:
Sewe borrels goud in my brandewyn en coke
Voel! My tong word stadig, grappig oud
Hoor jy die ysblokkies roekeloos giggel
Oor die swenkende gang van die druppel
In
my mond is daar ‘n oer-oue oerwoud
Die put van my keel moet lei na riwwe van goud
Maar daar is ‘n spelonk diep in my bors
Wat reken op my barmhartige dors
Sewe
wewenaars swerf deur die woud
Elke een op soek na die tieroog van goud
Maar hoor hulle tussen die takke die mineur
Waarop die spelonk in my bors resoneer
Refrein
Dis
my bors wat verlang na jou asem
Soos ‘n oergesteente wat wasem
Jou weerklank is klip en wolk
Geen plek daarvoor in my bors, die spelonk
Refrein
Liriek:
© Ockert Greeff |
Hierdie een
gaan soort van oor hoe Moord verhoudings benader. Hy's die mees komplekse
drummer wat 'n band kan hê. |
Back to
top |
|
INKVIS
Ek
en die inkvis sit op die bus
‘n Luilekker Woensdag hang in die lug
Niks is meer heilig, hulle het alles gestop
Melville se swembad vol rubble geprop
Nou
ek en die inkvis, ons swem lank nie meer
Maar ons dink aan die kinders, hul hartseer, hul seer
Niks meer bikini, niks meer duikplank
Johannesburg versoen hom met ‘n babelaas stank
En
Dali, Dali
Salvador Dali se se prent hang skuins
Ja
ek en die inkvis bemoei ons met kuns
Partykeer vir lêplek, partykeer vir wins
Fleamarket is ‘n fokkop, our paintings won’t sell
Ons hou van diep kleure, nie huisvroupastel
Ek
en die inkvis, ‘n thousand new schemes
Share sewe nuggets,
die american dream
Swem in die balle, ry op die swings
Daar’s ‘n vriendelike stem in die camel masjien
Maar
Dali, Dali
Salvador Dali se prent hang skuins
Dit
is die end van die maand se rent
Die rent is by die bar gespend
The Putco bus is calling us
Driver where you’re taking us?
Deur die hart van die goudmasjien
Kan ons ‘n waiter kry om ons te bedien?
Ek
en die inkvis, ons kyk vir die straat
Die ANC posters, die fashion soldaat
Niks is meer heilig, hulle het als gestop
Die bands by Roxy vir techno gedrop
Nou
ek en die inkvis, ons dans lank nie meer
Terrible kopseer en
voete wat keer
Sit op die TV, kyk na die muur
Die bure is stil en die ou lady suur
En
Dali, Dali
Salvador Dali se prent moer af...
Liriek:
© Drikus Barnard
|
|
Back to
top |
|
JOU EIE VOORSTADREWOLUSIE
Jou onkuise wekker tik
alweer
koketterig saam met 'n kerkhofklok
en jy's bang en jy vrees
dat jy ook eendag oud sal wees
En jy wik en jy weeg
maar jy blik en jy bloos nie
hoewel die tyd jou elke sekonde
nader aan die einde tik
Jy gooi jou kop agteroor
en skree dat jy alles en almal haat
en jy loop buite in die nag
met jou hande in jou sakke
Spoeg vir honde en lag vir
straatpredikante
tussen eike en jakarandas
en wit mure en klip mure
en sekondes en ure
en dreine wat wasem asem
Dis maniakke wat die land regeer
ryk swape wat die wêreld beheer
en jy's kwaad en jy's boos
dat jy ook eendag sò sal wees
Jy gooi jou kop agteroor
en sweer dat jy alles en almal haat
en jy loop buite in die nag
met jou hande in jou sakke
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Vir die kinders van die
suburbs - wat grootgeword het tussen wit mure en klip mure - baie mure - en eike en
jakarandas. |
Back to top |
|
LISA FORWARD
Lisa Forward, ek voel so akward
In die southern comfort van my Morkelsstel
Lisa Forward, my song het drie chords
Ek drink 'n lang quart en ek dink aan jou
Refrein:
Ek wens ek was 'n rock star
So I can meet some porn stars
Ek wens ek was 'n pimp
En nie 'n bankklerk nie...
Lisa Forward, wat 'n drawback
Ek's 'n square cut, bierpens diaken in my kerk
Lisa Forward, ek hou die score board
'n Huis, 'n vrou, 'n hond en internet
Refrein
Lisa Forward, ek surf al lank rond
Op die web, hard-up en wellustig vir jou
Lisa Forward, ek sit met die chordless
Ek bel die chatlines, maar dink net aan jou
Refrein
Liriek:
© Drikus Barnard en Andries Bezuidenhout |
|
Back to top |
|
PASOP VIR DIE DROOM
Daar's iewers iets nie
meer pluis nie,
my wekker klop nie meer kuis nie,
my skoene staan by verkeerde maats
en die whisky-bottel se label hang halfmas
Refrein:
Maar pasop vir die droom, ja, julle wat skroom
om julself van dié malheid te verskoon
Pasop vir die droom, pasop vir die droom;
die loon van die droom is die droom...
My televisie kyk nou skeel
en my radio verseg om te speel,
die stofsuier en die strykyster
het elkeen 'n koord om die keel
Refrein
Van vandag af, sê jy, lewe jy aspris,
maar, jy sien, jy't die hele storie mis;
want daar's rotgif op jou solder
en jou voorland is 'n kis
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |

Roof se eerste song. Vreeslik
bitter. Opgedra aan 'n vriend in die army wat probeer selfmoord pleeg het. Gelukkig lewe
hy nog - aspris. |
Back to
top |
|
|
ROAD RAGE
Ek
vat die oprit na die snelweg
My voet hop tussen petrol en rem
Agter die dieseldampe van ‘n seventies Benz
Ek gee gas dat ek suurstof kan wen
Refrein:
Ek kry road rage, road rage road rage...
‘n
Suutjiespoep met ‘n een punt drie
Blok my pad in die regterbaan
Skiet links verby dat ek vinnig kan ry
Maar daar’s ‘n trok wat botstil staan
Refrein
Druk
daai masjien tot dit tweehonderd sien
Natnaai in die volla, waar gaan jy miskien?
Laat die bande suis, laat die wiele gons
Dié pad is te klein vir die twee van ons
Want
ek’t... Refrein
Flash
jou brights vir my en jy sal kak
Daar’s ‘n baseball bat in my kattebak
en...
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
|
Back to
top |
|
SEWE RAND VIR DIE MAAND
Soms is jou pay tjek
net-net te klein
om 'n bachellor huishouding te dra
En jou overdraft is gulsiger vir geld as vir wyn
voor die landlord eers begin om sy deel te vra
Refrein:
Sewe rand oor vir die res van die maand
Sewe rand oor en 'n halfjack
My petroltenk suig aan die laaste dampe
van 'n kwart tenk: my laaste geskenk
van 'n hitch hiker geruil vir 'n lift
van 'n hitch hiker geruil vir 'n lift
Die weeluise wemel weer in
jou matras
en die gate word groter in jou jas
In die oggend knoop jy nog trots aan jou das
maar daar's 'n custardvlek op die punt wat jou verras
Refrein
Aan die begin van die maand
is jy gelukkig en ryk
met geld in die bank kan die depressie wyk
Jy eet junkfood in plaas van sardiens en brood
maar na 'n week is dit brandewyn vir hoop
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Een oor daardie tyd van
die maand wat 'n mens jou kroegpersoon smeek om krediet aan jou toe te staan. |
Back to
top |
|
SKEMER
Dis skemer en my ligte is te
flou
om 'n verskil aan die skadus te maak
dis skemer en my kamer is te grou
om 'n verskil aan my drome te maak
dis skemer en sou jy ook
graag wou
hê dat dit reeds nag moet wees,
hê dat dit reeds dag moet wees
maar alles behalwe skemer
Tussen die uitlaatgas en die
toeters
het ek rondgery, rondgedwaal om jou te soek
om weer terug te keer na skemer
Ek het saam met die ritme van die flikkerlig
tyd gehou, tyd gehou en uitgehou
om weer terug te keer na skemer
By verkeersligte moes ek stop
vir verkeerspolisie jok
oor die kwantiteit van brandstof in my bloed
om weer terug te keer na skemer
en na die lampe van my kamer se groet
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Een oor skemer - tussen
die boom en die bas, die duiwel en die diep blou see. |
Back
to top |
|
SPOED
Hou aan beweeg,
hou aan geraas maak
Verkieslik baie vinnig, voor ek aan die slaap raak
Links ‘n geel streep, regs ‘n spikkelslang
Rubber teen die teer se lofgesang
Want ‘n duiwel jaag van agter en ‘n dop van voor
Ek kan nie bekostig om nou tyd te verloor
Refrein:
Pasop vir die wind, pasop vir die sand
Pasop vir die son wat my oë brand
Pasop vir potholes en diere in die pad
Maar ek lê deur die draaie as ek verby moet vat
Hou verby al die
plekkies uit die vorige eeu
Elkeen met sy robot en sy dorpsmuseum
Ek stop net vir tolhek of vir padblokkade
Ultra City pitstop vir die petrolskade
Red Bull, burger en Bio Plus
Hou my wakker op die bike deur die Katbergpas
Refrein
Fok die
Kalahari, fok die Karoo
Dis die teer wat my meer interesseer
Vergeet die koue Hoëveld of die Kaap se kitch
Ek’s gelukkig as ek ‘n ek ‘n lift kan hitch
Maar verkieslik wil ek self die yster bestuur
Two-twenty k’s gee my meer plesier
Refrein
Wat is die lewe,
wat is die liefde?
Alles kom tot niks as jy stil gaan staan
Met jou vuis om die throttle en jou voet op die rat
Kan die langpad jou vat waar hy jou heen moet vat
En as jy stilhou kom die duiwel jou haal
Vir jou huis in die suburbs met ‘n halsband aan
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Met verskoning aan Jan
Rabie. |
Back
to top |
|
|
SUSSIE SE SWEEP
Sussie woon al
lank naby Sannieshof
Waar die mielies al lank op die vlaktes staan
Sussie het maar lewe lank gedog
Dat sy eendag stad toe sou gaan
In die aand as
die maan deur die venster loer
En manlief rus van die dag se boer
Droom Sussie onrustig, droom Sussie dringend
Droom Sussie van ‘n lewe wat sy elders sal vind
Refrein:
Sussie se sweet, Sussie se sweep
Susssie se stockings, Sussie wil weet
Of sy kan vasbind, of sy jou kan streep
Of jy hard sal skree: As sy jou bloots ry!
As manlief draai
om verder te slaap
En die hoenders op die werf die tyd om gaap
Streel Sussie se vingers oor haar onderlyf
Moet Sussie saggies in haar kussing hyg
As die trekkers
soos wrakke op die werf bly staan
En skaduwees donker langs die boorde gaan
Sal haar borste soos berge in die donker styg
Tot haar tepels styf teen die lakens vryf
Refrein
Haar kappie sal
sy afhaal – net vir jou
Haar stewels sal sy opryg – net vir jou
Haar tossels sal sy swaai – net vir jou
Die ding in haar hand, die ding in haar hand
Hou sy reg om vir jou te brand
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout en Ockert Greeff |
Wel, wel, wel... julle kan
seker sien waaroor hierdie een gaan. |
Back
to top |
|
TOU
Mense staan tou by die taxi rank
Mense staan tou by die bus
Mense staan tou by Jo'burg Gen
'n Aparte een vir Vigs
Mense staan tou vir staatspensioene
Mense staan tou vir kos
Mense staan tou vir die Lotto
Maar min slaan die jackpot los
Jy staan in die tou vir jou paspoort...
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
|
Back
to top |
|
|
VIS
Sit my terug
in... terug in skubbe
Ek wil ‘n vis wees
Laat my afstand doen van my gees
OAOA maak met my lippe
Refrein:
Jou evolusie is nie welkom nie
Ontydig, ongemaklik
Verwaand en bowenal: snotty ambisieus
Wie wil nou ‘n mens wees?
Sit my weer
in... weer in pels
Ek wil blaf soos ‘n hond
Opgewonde raak oor my eie stront
Wie wil nou met vrinne gesels?
Refrein
Gee my terug
my... terug my vere
Ek wil ‘n voël wees
Pik, pik, pik... aan my eie sere
Vat nou dadelik terug my gees
Ek wil waggel
Ek wil kruip
En soms miskien selfs seil
Ek wil net nie loop,
heeldag loop in hierdie ry...
Loop in hierdie ry
Sit my terug
in... terug in skubbe...
Liriek:
© Ockert Greeff |
Wat sou gebeur as ons evolusie omkeer?
Het die proses nie reeds begin nie? Dalk het dit al begin toe die vis uit
die water geklim het. Moord verwys hier na 'n gedig van DJ Opperman. |
Back
to top |
|
|
WAG
Stewels in die
nag
‘n perron wat wag
daar’s reën op die ruit
die vlae waai traag suid
Refrein:
Steeds geen
teken
niks om op te reken
ooit weer die streling?
glim die koue reling
Die perron is
verlate
die spore vol gate
die sement swyg koud
die nag is oud
Refrein
Was dit daar
‘n voetstap
digby die deur wat klap?
die vlae lag luid
daar’s spore op die ruit
Refrein
Nou die
sinjaal wat lag
steeds bly dit nag
daar’s dou op die ruit
die vlae wil muit
Liriek:
© Ockert Greeff |
As 'n mens sit en wag
vir jou ex-girlfriend om aan te kom toe sy nog nie jou ex-girlfriend was
nie. |
Back to top |
|
|
WESKUSBABBELAAS
Soos
die strukture van stomp in die vuur verdwyn
en die maan se lig oor die see ophou skyn
As 'n tekort aan paraffien die lamp laat ophou brand
en 'n misbank te laag gaan lê oor die sand
Refrein:
Dan
het die oggendstond 'n nasmaak in die mond
van die vorige aand se vangs van mensevlees
Soos
die laaste gesprek uit 'n huis uitlek
en die ou man en ou vrou na elders vertrek
as slegs leë wynbottels op tafels aanhou kuier
en die sonbesies skree om slapendes te wek
Refrein
Jy
sing 'n ode vir die Weskus voor die mis verdwyn
en sluk die knop in jou keel weg met 'n laaste bietjie wyn
jy kyk uit oor die water, dink aan die skuite en die see,
aan jou lewe en aan die dag wat jy jou laaste asem gee
Refrein
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |
Een vir die kreef- en
diamantduikers op die Weskus. |
Back to top |
|
|
|
WITWOLKE
Bo my is die
onmeetlike blou
En ek laat my asem saggies uit
Om vir jou witwolke te stuur
Want witwolke is soos woorde
En wanneer hulle lag
Sal ek weet hulle streel oor jou vel
En kleur dit die geur van jasmyn
Refrein:
My witwolke moet saam met jou reis
Sodat jy van my dink soos van wolke wat wasem
My witwolke moet saam met jou reis
Sodat jy van my dink soos van wolke wat wasem
En as ek my oë toemaak
En na my wit wolke luister
Dan hoor ek hoe hulle skater
In die blou van jou oë
Refrein
Liriek:
© Ockert Greeff |
'n Love song van
Moord. Op hierdie stadium die band se enigste een. Hulle is maar baie versigtig vir love songs,
want hulle klink maklik soetsappig - daar's immers 'n baie lang tradisie daarvan in
Afrikaanse musiek. |
Back to
top |
|
WHITEYSOMETINGS
Ek sien jou weer na
dertien jaar
'n oproep verras my oor jy verjaar
"Ek hoor jys in Joburg, kom maak n draai
Ons kan praat oor die ou dae
Ons kan bier drink en braai"
En ek ry op die snelweg
en dink aan die dae
Van sandale en jeans en causes vergaar
Ons was jonk ons was sterk
Ons het apartheid verwerp
En gevloek en geskree teen staat en teen kerk
So, sê my vriend hoe gaan
dit nou daar
In jou suburban tronk, van kapitalisme
Tref die rentekoers jou ook as die mark so tuimel
Maak die waarde van die Rand dat jou maagsweer ook brand
Sê my tjom, hoe voel dit nou
Op die folterbank, van kapitalisme
n Tweede verband hou die lig aan die brand
n Overdraft trek aan jou broek se pant x 2
n Rooi oog hou ons dop as ons praat oor die stryd
Hoe die staat ons bedrieg het, hoe ons PW verwyt
Jou nuwe alarm, jou elektriese heining
Jou armed response hou ons kuiertjie veilig
Die nuwe apartheid van suburban bliss
Hou die diewe uit soos ons sake beslis
Liesl maak in London n nuwe begin
Ek hoor Pierre is in Perth met sy hele gesin
So, sê my vriend hoe gaan
dit nou daar
In die suburban tronk, van kapitalisme
Tref die rentekoers jou ook as die mark so tuimel
Maak die waarde van die Rand dat jou maagsweer ook brand
Sê my tjom, hoe voel dit nou
Daai dissipline van kapitalisme
n Tweede verband hou die lig aan die brand
n Overdraft trek aan jou broek se pant
Jou verlede trek aan jou broek se pant
Jou gewete trek na die ander kant
Liriek:
© Andries Bezuidenhout |

Vir ons wat lefties was op varsity en
nou met overdrafts en huislenings sit wat ons mooi op ons plek hou. Die flipside van
Johannes Kerkorrel se "Energie". |
|
|
| Back to
top |
|
|
|
|
|