Andries (Roof) Bezuidenhout speel kitaar en is die
band se lead vocalist.
In 1993 het hy vir die eerste keer in die
openbaar begin optree meestal op die kampus van die Universiteit van Pretoria. Die
hoogtepunt van sy vroeë loopbaan was 'n produksie in die Houd den Bek Koffiekroeg saam
met Liela Groenewald en ('n baie jong) Karla du Plessis.
Na sy studentejare hiberneer hy as openbare
kunstenaar, behalwe vir 'n TV verskyning op Geraas saam met Koos Kombuis met 'n weergawe
van die Briels se "Trein na Pretoria".
In 1999 begin hy om 'n regular gig saam met
Liela Groenewald te doen in die Abelarde Sanction in Brixton, waar albei woonagtig
is. In Maart neem Andries en Liela 'n show "Eeue in Een Teug"
Oudtshoorn toe vir die kunstefees.
Maar dis in die Abelarde Sanction waar
die Brixton Moord & Roof Orkes begin vorm aanneem, met Ockert op
tromme, en eers met Steve Savage op baskitaar, maar later Drikus
Barnard.

Foto: Irma du Plessis
Lees van Roof
se gedigte op LitNet.