Welkom by die homepage van die Brixton Moord & Roof Orkes

lirieke.gif (3182 bytes)

downloads.gif (2842 bytes)

gigs.bmp (5578 bytes)

press.gif (3705 bytes)

links.gif (2894 bytes)

Home Lirieke CD's Gigs Press Links

Foto: Magriet Theron


Die Brixton Moord en Roof Orkes maak Afrikaanse rock musiek. Op die oomblik bestaan die band uit Drikus (Brixton) Barnard (op baskitaar), Ockert (Moord) Greeff (op tromme en brandewyn), Andries (Roof) Bezuidenhout (lead vocals en kitaar) en Kapelaan Pat Plank (kitaar). Hulle musiek handel oor alledaagse onderwerpe soos drank, dwelms, misdaad, road rage, oorlog, en hulle het selfs 'n love song.

Wat is nuut?
Lees meer oor die band...
Huh? What's going on here?

Om die Brixton Moord & Roof Orkes vir gigs te boek:

Kontak Roof by 082 679 2582
of bmro@mweb.co.za

of vir Santoni Engelbrecht by 083 656 947
of blourok@yahoo.com

 


Wat is nuut?

Gigs:

Gaan kyk waar jy die band live kan sien op die gigs-bladsy.

CD:

Die band is besig om hulle volgende CD op te neem. Voorlopig noem hulle dit "Terug in Skubbe..."

<Re: Perkussie>:

Lees Roof se rubriek <Re: Perkussie> op LitNet.

Spergebied:

Lees meer oor die Brixton Moord & Roof Orkes se CD "Spergebied". Bestel dit oor die internet of luister na uittreksels uit "Wag", "Brixton-dae" en "Geen Land".

 

 

Waar kom die Brixton Moord en Roof Orkes vandaan?

"Dit kan sommige mense afsit," s Inspekteur Mary Martins-Engelbrecht oor die gevaar dat die Brixton Moord & Roof Orkes dalk verkeerdelik met die polisie verbind kan word.  Sy het die band al op "Geraas" gesien (Beeld, 27 Desember 2000).  Ongelukkig maak sommige mense nog die fout om te dink die Brixton Moord & Roof Orkes is n polisie-blaasorkes, in plaas van die Afrikaanse rock band van Johannesburg wat hulle wl is.

"Dit is vir ons baie snaaks dat die eenheid ns naamgenoot is," s Moord Greeff, die band se tromspeler en skrywer van sommige van hulle lirieke.  Intussen is die polisie se Brixton Moord en Roof Eenheid gesluit om plek te maak vir die Johannesburgse Ernstige Gewelddagige Misdaad Eenheid.

Maar die Brixton Moord & Roof Orkes gaan van krag tot krag.  Hulle eerste CD, "Spergebied", is in 2002 uitgereik.  Die produksie is deur Paul Riekert van Battery 9-faam behartig, en is tussen November 2001 en Januarie 2002 by RP Studios en One-F Studios in Johannesburg opgeneem.

Die CD bevat n aantal gunstelinge van die band se songs. Hulle enigste liefdeslied, "Witwolke", is ook op die CD beskikbaar.  "Ons hou die songs oor seks, soos Sussie se Sweep en Wie is Lisa Forward? maar vir ons volgende CD," s Roof Bezuidenhout, sanger en kitaarspeler:  "Ons wou ook nie te vinnig n CD uitbring nie.  Ons dink dis belangrik om eers self jou musiek na die mense toe te vat om te sien wat hule daarvan dink.  Maar nou begin hulle te veel moun omdat ons nog nie n CD het nie."

Die Brixton Moord & Roof Orkes is een van n nuwe generasie Afrikaanse rock bands wat volg in die spore van mense soos Koos Kombuis, Valiant Swart en Johannes Kerkorrel.  Soos Pieter Redelinghuys in Insig (Desember 2001) skryf: "Vandag se kragtige Afrikaanse musiekgroepe gee Afrikaans skop in rock, pop, folk, hip-hop, punk en selfs boeremusiek en ghoema." Hy noem Diff-olie, Gramadoelas, Beeskraal, Plank, Brixton Moord en Roof Orkes, Spinnekop, Akkedis, Duusman, Brasse Vannie Kaap, en Battery 9 as voorbeelde. 

Musikaal wissel die band se styl tussen melancholiese folk-klanke van songs soos "Asyn" en "Geraamtes in jou kas", tot die harde rock van "Road Rage", "Spoed" en "Brixton-dae".

Die band is einde 1999 deur Roof en Moord in Brixton begin toe hulle by die Abelarde Sanction begin optree het.  (Dit het gehelp dat dit binne kruipafstand van beide se huise was). Die Abelarde Sanction was n berugte kroeg in Brixton waar vele bands hulle tande op die live scene geslyp het.  Sommige van hulle, soos Sunways, Riku Ltti, Karen Zoid, en Zen Arcade, is nou al bekend, maar baie ander is net eenvoudig s underground dat hulle waarskynlik nooit tot n groter mark sal deurdring nie.

Gelukkig het die Brixton Moord & Roof Orkes vinnig vooruit gegaan, en reeds in April 2000 vir die eerste keer by die Oppikoppi Easter Festival opgetree.  Sedertdien het hulle nog 'n paar keer by Oppikoppi gespeel, onder andere by die "Tuned Festival" in Augustus 2001, die "Plunge Festival" in September 2002, en die "If Not Tomorrow, Then The Next Day" Easter Festival in April hierdie jaar.

Benewens n verskyning by Aardklop in Potchefstroom en "Kaktus op die Vlaktes" by Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn, sluit ander venues waar hulle die afgelope paar jaar opgetree het Up The Creek (Hatfield, Pretoria), Bugsys Beat Bar (Randburg, Johannesburg), Cool Runnings (Wonderboom, Pretoria en Melville, Johannesburg), Steak & Ale (Lyttelton, Centurion), The Nile Crocodile (Lynwood, Pretoria), Roxy's Rhythm Bar (Melville, Johannesburg), Carfax (Newtown, Johannesburg), The Independent Armchair Theatre (Observatory, Kaapstad), die Green Venus (Kaapsehoop), Caf Barcelona (Pretoria), Die Mystic Boer (Stellenbosch) en Oppistasie (Sannieshof) in. 

Hulle het ook al verskynings gemaak op TV programme soos "Geraas", "Kwla" en "Draadloos", en (meestal) gunstige artikels in publikasies soos Beeld, JIP, Insig, Pretoria News, The Wire, Het Volkskrant, Huisgenoot en die Burger losgeslaan.

Lees 'n bietjie meer oor Steve Savage, die band se eerste baskitaarspeler.

Die homepage van die
Brixton Moord & Roof Orkes
is beskikbaar by:
http://home.mweb.co.za/bm/bmro
of as dit te veel van 'n mission is:
http://go.to/bmro

Kontaknommer vir Roof:
082 679 2582

Mail die Brixton Moord & Roof Orkes

Home

Brixton Moord Roof Pat

CD's

Lirieke

Gigs

Press

Links